Pastoor skuldig aan verkragting, roof

Argieffoto.

ʼn 45-jarige pastoor van Mpumalanga is Donderdag in die Emalahleni-streekhof skuldig bevind aan verkragting en gewapende roof.

Die beslissing spruit uit ʼn voorval waarin Chris Derrick Gabisani Xaba, voormalige pastoor van ʼn charismatiese kerk in Vlaklaagte naby Kwamhlanga, ʼn 39-jarige vrou van Vosman ʼn saamrygeleentheid gegee het. Hy het haar toe beroof en verkrag.

Volgens brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, was die slagoffer na Nelspruit toe Xaba aangebied het dat sy die res van die pad saam met hom ry. Xaba het egter gesê dat hy eers ander pendelaars moes optel. Hy het na ʼn afgeleë plaas naby Emalahleni gery waar hy ʼn vuurwapen op die vrou gerig het. Hy het haar met die dood gedreig voordat hy haar verkrag en van haar besittings beroof het. Xaba het ook haar klere gevat en ʼn waarskuwingskoot afgevuur voordat hy haar kaal in die bos agtergelaat het.

Die voorval het in Desember 2019 plaasgevind.

Nadat Xaba van die toneel gevlug het, het die slagoffer by ʼn naburige huis om hulp gaan aanklop en is sy na die naaste polisiestasie geneem. ʼn Saak van verkragting is geopen met ʼn bykomende klag van gewapende roof.

In Maart verlede jaar het die polisie Xaba in Kwamhlanga vasgetrek. Twee gesteelde voertuie is in sy besit gevind. Xaba was toe reeds uit op borgtog vir ʼn ander verkragtingsaak.

“Wat Xaba aan die slagoffer gedoen het, is lafhartig en het die hoë roeping van ʼn pastoor skade aangedoen. Nou sal hy dien as goeie voorbeeld vir ander geestelike leiers wat dit moontlik sou waag om dieselfde te doen,” het lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale kommissaris van polisie in Mpumalanga, gesê.

Xaba sal na verwagting op 19 Maart gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Piet parys ·

Uit op parool . !!!!! Onbevoegde en skelm howe wat seker weer iets onder die tafel gegee is om hom op borg vry telaat.

Anton J ·

Nou ja Maroela Media
Kan julle nie gesê het “Pastoor” skuldig aan verkragting en roof nie. Baie van hierdie kwansys self aangestelde “Predikante” het geen teologiese agtergrond nie. Geen beherende liggaam waaronder hulle bedien nie, dit is sommer hulle en hul self. Dit is hoekom hulle as “Pastoor” verkrag, roof, duiwels met doom uit spuit en mense betaal om in ‘n kus te lê en maak of hulle dood is net om ‘n opwekking te “stage”. Ek dink is regverdig as julle eerste sy teologiese studies bevestig het, sy goedkeuring tot die bediening orde na gegaan het en sy kerk wat hy bestuur se registrasie t.o.v van sy pbo na gegaan het as waar en korrek. Dan kan julle die Pastoor buite aanhaling teken sit maar tot dan binne aanhaling teken want hy het hom self aangestel met sy kriminele gedrag. Sit die “Pastoor” in aanhaling tekens om die algemene bedieng orde te beskerm voordat negatiewe kommentare soos in die verlede geopper word en die woord Pastoor nou veralgemeen word.

Adri ·

Die slagoffer het hulp by ‘n naburige plaashuis gaan soek. Neem kennis: dit is die mense wat beroof en vermoor word: Boere! Dit terwyl hulle toevlugsoorde is vir ander slagoffers. Sommige mense word te maklik pastore. Hoe word so ‘n vark ‘n pastoor? Selfverklaar en aangestel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.