Pastoor van Worcester vas oor kinderpornografie

(Argieffoto: pixabay)

ʼn Senior pastoor van ʼn kerk op Worcester in die Wes-Kaap is agter tralies weens die beweerde besit van kinderpornografie.

Die vrou is Maandag aangekeer en staan tereg op vyf aanklagte van mensehandel, twee aanklagte van verkragting en 100 aanklagte van die besit en skep van kinderpornografie. Lede van die eenheid vir reeks- elektroniese misdade het haar aangekeer met die hulp van die polisie op Worcester se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings.

Ndakhe Gwala, polisiewoordvoerder, sê die vrou het tussen 2016 en vanjaar die ouers van drie kinders omgepraat om die kinders toe te laat om by haar huis te gaan oorslaap.

In hierdie tyd het sy glo die kinders bedwelm en daarna naakfoto’s van hulle geneem.

Volgens een van die slagoffers het die pastoor haar in ʼn kamer toegesluit, aangesê om te ontklee en nie ongemaklik te voel nie omdat hulle albei vroue is. Die pastoor het daarna naakfoto’s uit verskillende hoeke van die meisie geneem.

Die polisie het nie die ouderdomme van die kinders bekend gemaak nie.

“Die ondersoek het onthul dat die verdagte en haar man voormalige gevangenes is wat albei 15 jaar vir die verkragting van minderjarige kinders uitgedien het,” sê Gwala.

Die pastoor se man se moontlike betrokkenheid by die saak word ondersoek.

Die vrou het Woensdag in die Worcester-landdroshof verskyn en die saak is tot volgende week uitgestel, wanneer sy na verwagting sal aansoek doen om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Maritza ·

Word molesteerders se name nie op ‘n register gesit nie? Hoe het die kerk die vrou aangestel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.