Persoon verkool ná kar koei tref

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

ʼn Motoris is dood toe dié Dinsdagaand op ʼn pad buite Pretoria ’n koei getref het en die motor aan die brand geslaan het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het Woensdag aan Maroela Media gesê die ongeluk het omstreeks 19:15 op die Boschkop-pad in die rigting van Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, gebeur.

Botha het gesê die persoon se geslag kon nie onmiddellik vasgestel word nie, aangesien die liggaam onherkenbaar verbrand het.

“Volgens inligting van die toneel het die motor ʼn koei getref. Die motor het van die pad geswenk en aan die brand geslaan,” het Botha gesê. “Met paramedici se aankoms op die toneel was die motor reeds uitgebrand en was die persoon reeds dood.”

Die koei is ook in die botsing dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.