Petrol oor vrou uitgegooi tydens roofpoging

George William Cameron. (Foto: SAPD)

ʼn 69-jarige vrou is glo tydens ʼn sake-afspraak gedreig voor daar petrol oor haar uitgegooi is.

Die polisie is intussen op soek na George William Cameron (47) in verband met die voorval wat op 5 Mei by die Knysna Waterfront plaasgevind het.

Volgens sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder, het ʼn man in die slagoffer se motor geklim met haar aankoms by die Waterfront. Hy het haar glo gedreig voor hy petrol oor haar uitgegooi en haar probeer beroof het.

Die vrou kon daarin slaag om te vlug en hulp te soek. Die verdagte het te voet gevlug. Die saak is by die polisie aangemeld, maar ʼn soektog na die verdagte het nog niks opgelewer nie.

Die landdroshof in Knysna het Maandag ʼn lasbrief vir Cameron se inhegtenisneming uitgereik.

Enigiemand met inligting oor waar Cameron hom bevind, word versoek om die ondersoekbeampte, kapt. Claudette van Zyl, by 044 302 6652 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

George William Cameron. (Foto: SAPD)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Eugene ·

Stuk gemors. Hoop hulle vang hom gou. Hoekom is ons samelewing so vieslik en wreed krimineel?

Fedup ·

What is wrong with people?
Who in his right mind do things like this?

Jakes ·

Hierdie lafaard het geen nut vir die samelewing nie. Daar loop baie van hulle tussen ons rond.

Niklaas ·

Ek wil nie hierdie karakter in my t kring van kennisse hê nie. Baie gevaarlike indiwidu

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.