Petrolprys: Slegte nuus vir motoriste verwag

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Suid-Afrikaanse brandstofpryse sal weens stygende internasionale oliepryse na verwagting volgende week skerp styg. Dit ten spyte daarvan dat die rand vandeesmaand verstewig het.

Die Outomobiel-Assosiasie (AA) voorspel dat petrol met ongeveer R1,73 per liter sal styg wanneer die brandstofpryse volgende week aangepas word. Die AA verwag ook dat diesel met R1,74 en paraffien met ʼn stewige R2,14 sal styg.

“Dit sal ’n baie groot slag wees vir landsburgers wat paraffien gebruik vir kookdoeleindes, beligting en veral verhitting gedurende die winter,” het die AA Vrydag in ʼn verklaring gesê.

Luidens die verklaring het die rand gedurende Junie ongeveer 34 sent teenoor die Amerikaanse dollar versterk, hoewel die plaaslike geldeenheid steeds sowat R2,50 swakker teenoor die dollar is as voor die Covid-19-pandemie en die land se kredietafgradering.

“Ons kan nie oorbeklemtoon watter impak die ineenstorting van die rand tans op brandstofverbruikers het nie. Indien die rand gebly het op die vlak wat dit was voor die Covid-19-pandemie, sou brandstofverbruikers waarskynlik volgende maand ’n daling van 75 sent per liter in brandstofpryse gesien het, ” het die AA verduidelik.

Die brandstofprys vir petrol en diesel het die afgelope twee maande verdubbel, van ongeveer R3 per liter in Mei tot byna R6 per liter vandeesweek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Eish ·

Maak maar die naweek vol….. Dinsdag gaan die pompe “leeg” wees en Woensdag weer “vol”

Hans ·

Ek sal dut betaal…… indien daar vervlaks diesel by my diensstasie is. Hul leeg elke 2de dag vir 2 tot 3dae. ????

Sêmanet ·

Toe die petrolprys twee keer na mekaar so skerp gedaal het, toe het ek al voorspel dat dit weer gaan gebeur met die styging ook. Hoekom maak hulle dit nie net deur die bank R20 per liter nie, dan weet ons wat om vir die volgende paar maande te verwag.

Jaco ·

Hoekom styg paraffien se prys? En hoekom so baie? Dis dan meestal “our people” wat dit gebruik. Hoe sorg die regering wat bestaan uit our people dan so swak vir our people?

Kokerboom ·

Kan die ou Egalisasiefonds maar nie weer in werking gestel word sodat massiewe wisselings afgeplat kan word?

solla ·

Nou gaan ons weer betaal want die belasting op sigarette word misbruik

Jr ·

Kom ons herhaal die geld van die swaar kry publiek. Een van die dae is daai koffers ook leeg.

Johann ·

Ja wel dis nou nie asof ons kan staat maak op ENIGE beplanning of voorsiening van ons liewe ANC makkers aan bewind nie. En as ek reg is het een van die selfaangewese vergrypers ons reserwes verkwansel vir duskant niks?

Behalwe die grants en kospakkies is die volgende ding free forniet refills parfin e pehetrol.(obviously net vir die BEEEBEBEEEEE “the people”.)

Fedup ·

Any excuse is better than none.
Now we are the ones who gets milked.

Nico ·

Daar is baie wat gratis brandstof kry dit is hoekom ons ander so baie betaal, die ou mense en van die ander groepe kry swaar weens die höe parrafien pryse. Eskom isdie oorsaak dat daar ‘n te kort aan diesel is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.