Oudmin. Pik Botha is Vrydagoggend in die ouderdom van 86 oorlede.
Botha se gesin het die nuus aan Maroela Media bevestig.
Botha is einde verlede maand in die Unitas-hospitaal in Centurion vir toetse opgeneem. Hy en sy vrou, Ina, het in die Wonderboom-omgewing van Pretoria gewoon.
Botha was met ʼn dienstyd van 17 jaar tussen 1977 en sy 62ste verjaardag op 27 April 1994 een van die wêreld se langsdienende ministers van buitelandse sake. Daarna het hy twee jaar lank in die regering van nasionale eenheid as minister van minerale- en energiesake gedien.
Meer inligting volg.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
81 Kommentare
Meegevoel aan sy naastes.
Ai jammer om te hoor.
Sterkte aan die gesin, familie en vriende.
Rus sag ou grootte. Jy was ‘n legende. Maak nie saak wat nie.
So sad toe ek die nuus lees oor Oom Pik,waarlik iemand wat getrou en volhard het in sy werk as Minister,om bande te smee en konflik te vermy vir die stukke aarde wat nou n ashoop is,rus sag Oom Pik,sterkte aan Tannie Ina en gesin.
Sterkte aan die familie !!! Hoop hy kry ook n staatsbegrafnis was tot n minister .