Pinetown-ongeluk: Trokbestuurder weer in hof

Sanele Goodness May. Foto: 988 media

Sanele Goodness May. Foto: 988 media

Sanele Goodness May van Swaziland, wat verlede jaar in Pinetown, KwaZulu-Natal die dood van 24 mense veroorsaak het, verskyn weer Vrydag in die dorp se landdroshof.

Natasha Ramkisson-Kara, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê May se klagte is van moord na strafbare manslag verander.

Lindokuhle Mdlethshe, May se prokureur, het aangedui dat hy weer gaan aansoek doen om borgtog, aangesien die klagte gewysig is. May se borgtogaansoek het verlede jaar misluk omdat die landdros van mening was hy is ʼn vlugrisiko en maklik na Swaziland sou vlug.

May se vragmotor het op 5 September, tydens spitsverkeer, vier minibustaxi’s en twee motors getref. Altesaam 22 mense is op die toneel dood en twee het later in die hospitaal aan hul beserings beswyk. ʼn Video van die voorval het groot reaksie uitgelok en die video is intussen reeds byna 1 miljoen keer op YouTube gekyk. Klik hier om dit sien.

Lees ook:
Pinetown-ongeluk: Moordaanklagte teen trokbestuurder laat vaar
Pinetown-ongeluk: Hof sê oor borg
Pinetown-ongeluk: Bestuurder hoor vandag oor borg
Pinetown-ongeluk: Bestuurder se lisensie vervals én hy is onwettig in land
Pinetown-ongeluk: Bestuurder gaan vandag aansoek doen om borgtog
Pinetown-ongeluk: Vragmotoreienaar berou ongeluk
Pinetown gru-ongeluk: Trokbestuurder vandag weer in hof
Dodetal in Pinetown-ongeluk styg
Video: Lugvideo van Pinetown gru-ongeluk gepubliseer
Pinetown gru-ongeluk: Bestuurder van 22 moorde aangekla
Pinetown-trokongeluk: Bestuurder vandag in hof
Skokvideo: Pinetown gru-trokongeluk afgeneem
Pinetown gru-ongeluk: Amptelike dodetal bekend
Pinetown gru-ongeluk: Trokbestuurder in hegtenis geneem
27 sterf in gru-ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae