Plaasaanvalle oorheers parlementêre debat

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Vanjaar se begrotingsdebat oor polisie is oorheers deur sterk uitsprake teen plaasmoorde, en teen polisiegeweld Vrydagoggend in die Kaapse middestad.

Parlementslede van alle partye het die gebruik van ʼn waterkanon vanoggend teen vreedsame betogings oor die restaurantverbod se impak op die Kaapse ekonomie veroordeel.

Mense is beseer en eiendom is beskadig deur die polisie-optrede.

Oor plaasmoorde het die minister van polisie, genl. Bheki Cele, in sy toespraak spesifiek die klem geplaas op die regering se nuwe landelike veiligheidsplan teen plaasaanvalle.

Die DA-LP Andrew Whitfield het sy hele toespraak aan die bekamping van plaasaanvalle gewy.

Hy het verwys na die uitgesproke teenstand teen plaasmoorde deur oudpres. Nelson Mandela, en het gevra hoekom pres. Cyril Ramaphosa vergelykenderwys met stomheid geslaan is.

“Die president druk sy kop in die bloedbevlekte sand. Miskien sal die minister (genl. Cele) sterker leiding neem,” het Whitfield gesê.

“Ons kinders in die Oos-Kaap eet plante en plantwortels van pure hongerte. Laat asseblief ons boere toe om voedsel te produseer sonder om op plase en plotte in vrees te lewe,” het hy gesê. “Ons kort stewels op die grond en hommeltuie in die lug – nie net beloftes nie.”

Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, het gesê dit is goed dat daar uiteindelik beweging is van die regering oor plaasmoorde, maar nou is resultate teen dié misdaad nodig.

Kenny Maphatsoe, ANC-LP, het gesê die lewens van plaaswerkers is net so belangrik soos die lewens van plaasboere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

gatgogga ·

“Kenny Maphatsoe, ANC-LP, het gesê die lewens van plaaswerkers is net so belangrik soos die lewens van plaasboere.”
Nou wat dan van BLM, Kenny?

Oujongvrou ·

Daar is nou gepraat en verder is dit afgehandel wat die regering betref. Een va n die dae is daar nog sowat 450,000 wapens wat utgedeel kan word want ek verstaan die appelhof het regsbeskerming vir mense wie se lisensies verval het ter syde gestel. Meeste wapens waarmee mense in hierdie land gedood word is onwettig in skurke se besit. Wat gaan die regering daaromtrent doen.

Persheks Adri ·

All lives matter! Ek twyfel of groot hoed iets gaan doen tensy dit our people is nie… Prove me wrong asb groot hoed

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.