Plaasvoorman grusaam vermoor

(Argieffoto: Anja van der Merwe)

Waarskuwing: Hierdie berig bevat grafiese besonderhede wat sensitiewe lesers kan ontstel.

ʼn Plaasvoorman is Maandagaand op ʼn kleinhoewe buite Danielskuil in die Noord-Kaap vermoor.

Die eienaar van die kleinhoewe, Wessel Kriek (77), ly nog aan skok nadat hy dié grusame moord moes aanskou.

Volgens Kriek het hy en sy vrou, Valerie (76), 7de Laan gesit en kyk toe hulle iets in die kombuis hoor. Kriek het gaan ondersoek instel en ʼn man by die buitedeur van die kombuis sien staan. Die deur se veiligheidshek was nog gesluit.

“Ek het die man gevra wat hy soek. Hy het gevra vir ʼn vuurwapen en petrol,” vertel Kriek. “Hy het aangedring dat ek die veiligheidshek moet oopmaak.”

Kriek het gesien die kombuisvenster langs die deur is gebreek en het besef dat daar moeilikheid is.

“Ek het my voorman, Andries Jacobs (39), om hulp gebel.”

Jacobs het op die toneel opgedaag en hom teen die verdagte vasgeloop.

“ʼn Struweling het tussen my plaasvoorman en die man ontstaan. Die man het ongelukkig die oorhand gekry. Hy het ʼn panga gegryp en Andries doodgekap. Hy het toe sy kop met ʼn klip vermorsel. Ek het alles gestaan en aanskou.”

Die man het Jacobs se liggaam daarna na ʼn buitekamer gesleep.

“Ek het my vrou gevra om die polisie te bel. Hulle het ʼn rukkie later op die toneel opgedaag en die man in hegtenis geneem.”

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die 33-jarige verdagte het moontlik sowat ʼn uur voor die hoewe-aanval ʼn 13-jarige meisie ook aangeval.

“Die man het die meisie vermoedelik omstreeks 17:00 in Kuilsville met ʼn mes gesteek en daarna ʼn onbekende hoeveelheid kontant gesteel. Volgens berigte was die meisie op pad na die winkel om elektrisiteit te koop,” sê Tawana.

“Die verdagte het van die toneel gevlug en die meisie is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

“Die man het in die rigting van ʼn vulstasie in Danielskuil gereis, waar hy moontlik ʼn voertuig – wat buite ʼn plaaslike haarsalon gestaan het – gesteel het.”

Die motor het egter langs die pad gaan staan en die man het verder te voet in die rigting van Kriek se kleinhoewe gevlug.

Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Danielskuil verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord, motordiefstal en huisbraak.

Jacobs het die afgelope ses maande vir Kriek op die plaas as voorman gewerk. Hy en sy vrou het op die kleinhoewe gewoon.

Volgens Kriek is dit die tweede aanval in die afgelope vier jaar op sy kleinhoewe. Hy woon al die afgelope 20 jaar op die kleinhoewe en boer met beeste.

Kriek vertel hy het die nagmerrie van die eerste aanval Maandagaand herleef.

Vyf mans het Kriek in 2018 oorval en die egpaar beroof. Kriek is tydens die aanval ernstig beseer.

“Die verdagtes is tot vandag toe nog nie vasgetrek nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Harley Davidson ·

Waar is die man se vuurwapen as ‘n skollie met ‘n panga op my plaas kom gaan die staats lykswa hom kom haal,baie jammer om te hoor van die plaas voorman.

KatjieDeKat ·

My opinie: as jy op n plaas, kleinhoewe of plot in Suid Afrika woon, Moet jy n vuurwapen he, en moet dit ten alle tyd by jou dra, soos n polisieman doen. Slaap om die beurt met n ander volwassene in die huis. As die wetters kom, blaas hulle bokveld toe. Ek sal Nooit my voete op enige plaas in SA sit tensy ek bewapen is nie, nie eens as besoeker nie, wat nog te se daar Woon.

groenboer ·

Ja, hierdie berig is nog ‘n voorbeeld van hoe die regring se beleid om die publiek te ontwapen misluk het.

VaalDonkie ·

Die vuurwapenwet maak selfs voorsiening dat jy ‘n semi-outomatiese haelgeweer of “AR15” vir self verdediging kan kry met ‘n artikel 14 lisensie. Die lisense moet wel elke twee jaar hernu word i.p.v. vyf jaar vir ‘n artikel 13 lisensie. Maar dis spesifiek vir mense bedoel in uiters gevaarlike omstandighede soos bv boere. En die wet maak ook voorsiening vir die gebruik van ‘n sport vuurwapen vir selfverdediging. Jy mag dit wel nie gelaai stoor nie (magasyn moet uit wees).

Piet ·

Dit klink of jy ‘n idee het van die wet op vuurwapenbeheer, maar wat het dit met die artikel te doen?

Delia ·

Presies net dat boere hulleself MOET bewapen. Jou lewe of syne

VaalDonkie ·

Ons mense keer onder ‘n wanindruk dat jy nie meer ‘n vuurwapen kan kry nie. Ek help maar net deur my kennis te deel tot ander se voordeel. dalk red dit ‘n lewe.

Pieter ·

Wie gaan kom kyk of daai sport wapen gelaai is? Hou hom gelaai as jy op n plaas is,elke sekonde tel in n aanval

Waarnemer ·

Waarom die man nog arresteer….hy is op heterdaad betrap waar hy n bylae 1 oortreding gepkeeg het….moord….skiet die wetter op die plek en vermy die vermorsing van belasting geld.

Henri ·

“Jacobs vertel hy het die nagmerrie van die eerste aanval Maandagaand herleef.”

Dit moet sekerlik Kriek wees, siende dat Jacobs oorlede is en nie die eerste aanval dus kon herleef nie. Verwyder asseblief wanneer julle dit reggestel het.

Hannelie ·

Mens hom hom skiet in altwee knieë en dan in arm, op strategiese plekke, sodat hy moet sukkel om weg te kom, en hom doodbloei…..dit is hoe ek voel oor hierdie moorde in ons land waaraan NIKS gedoen word nie!!!!

Kokerboom ·

Plaas en kleinhoewebewoners: hou op naief wees en bewapen julle!!!

Kokerboom ·

Het die President van die land geen gewete? Hoe slaap hy snags? Wanneer gaan hy wakker word en sy land bestuur? Wanneer gaan hy sy politieke baadjie uittrek en begin omgee vir die land?

Niklaas ·

Hy slaap heerlik , dankie. Met geen finansiële bekommernisse nie

KatjieDeKat ·

Navajo gesegde: “You cannot wake a person who is pretending to be asleep.”

KatjieDeKat ·

Navajo gesegde: “You cannot wake a person who is pretending to be asleep”

Henry ·

Bring terug die doodstraf oog vir oog . Vandat die doodstraf afgeskaf is vermeerder die moorde nie net hier nie maar oor die hele wèreld. Kyk in Amerika bv.

marius ·

In die openbaar . Dis al wat hierdie wereld se skuim gaan ruk .

Daniel ·

Die ANC sal die doodstraf teen blankes gebruik, vertrou jy hulle daarmee?

Catherina ·

Net nie in Saudi Arabia nie. Bitter veilig daar. Het daar gewoon

VaalDonkie ·

Ek het SSG en Slugs in my haelgeweer. Ek het ‘n familie om te beskerm.

E ·

en sonder om eers nog mense te ontbied of die polisie? Mense moenie braaf probeer wees nie

Papsak ·

Dit is flippen wreed verby ons maak hulle nie ten wreedste dood nie maar ja bring DOODSTRAF terug en hulle sal stop om te moor malemma kry weer lekker

VaalDonkie ·

As jy ‘n plaaseienaar is, behoort jy ‘ n vuurwapen te he. En as jy ‘n voorman aanstel, koop vir hom ook ‘n vuurwapen. Rewolwers kan vir minder as R2000 bekom word en pistole begin so by R6000. Jy kan tot ‘n 12 boor pompaksie haelgeweer vir onder R5000 kry.

Frank John ·

Ai, wat gaan die owerhede doen? Wil hulle dié soort lewe hê? Of is hulle glad nie opgewasse teen die bose spul nie.

Frank John ·

Ek weet een ding, alle ware Christene moet leer bid teen dié bose magte want dis waar die ware geveg is. Waneer dié sterkman gebind is kan die huis skoon gemaak word.

JM ·

Frank John, ek stem saam met jou. Jessie Duarte het redelik onlangs met bravade en redelik geïrriteerd verkondig dat ons ‘n sekulêre regering het en DIT(!) is die resultate hiervan.

Catherina ·

So so moeg van hierdie moorde. Bly self op n plaas . My deure ens altyd gesluit……..waar is die ou veilige dae dat jy vrylik kon rondbeweeg op jou eiendom. Dankbaar my kinders bly in n veiliger land. So jammer vir die plaasbestuurder se vrou en familie

Niklaas ·

Waarom het die oom net staan en staar en nie die aanvaller wat so openlik moor , geskiet nie ? Hy het sekerlik ‘n vuurwapen . Bang vir die gevolge en die hofsake , dalks?

My siening ·

Hierdie eienaar het vogens die berig se plaasvoorman na sy dood gestuur deur hom die onbekende in gelok het! Waragtig die mannier wat die krimineel geweld gebruik het is maar net n aanduiding hoe babaars die nasie is. Maar daar voor is nie n waarheids kommissie aan gestel nie want wat beteken n wit vel nou eintlik vir ANC EN EFF.

Christelle ·

Sal my glad nie verbaas as die aanvaller op parool of iets is nie.
Indien die kleinhoewe eiernaar of voorman n wapen gehad het en geskiet het was hulle so diep in die moeilikheid dat hulle nie weet watter kant toe nie. Slagoffers het mos nie regte in ons land nie, net die kriminele het regte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.