Plaaswerker ernstig beseer met baalmasjien

(Argieffoto: ER24)

ʼn Plaaswerker is ernstig beseer toe sy hand in ʼn baalmasjien op ʼn plaas in Heidelberg vasgesit het.

Volgens ER24 is paramedici Saterdagmiddag na die plaas ontbied. “Toe paramedici op die plaas aankom, moes hulle die man (34) se arm uit die baalmasjien bevry,” sê Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24. “Nadat hy bevry is, kon paramedici vasstel dat hy sy arm ernstig beseer het.”

ER24, asook ander mediese dienste op die toneel, het die man behandel en gestabiliseer, waarna hy per mediese helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Niemand weet presies hoe sy arm in die masjien beland het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

sannie ·

Scalla was jy daar? Jy gee altyd sulke ongevraagde kommentaar?

Swartwolf ·

Die vraag is waarom druk hy sy hand in die masjien? Of is dit weer ‘n “ongeluk”?

Scalla ·

sannie, werk n paar jaar saam met hulle dan sal jou siening blitsig verander.

Hans ·

Liewe ouers, niemand sal sy hand vir die grap in ‘n baalmasjien druk nie.

Alexz ·

Wel, as die skadevergoeding eis 50miljoen + is, waarom nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.