Plan vir private Afrikaanse skole kry stoom

roedolf-van-der-westhuizen

Roedolf van der Westhuizen is die uitvoerende hoof van die MOS-inisiatief wat private Afrikaanse skole wil uitbou en ontwikkel. Foto: Verskaf.

Die behoud en uitbou van gehalte-onderrig in Afrikaans het pas nuwe momentum gekry nadat die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO) Sondag die MOS-inisiatief (Moedertaal in Onafhanklike Skole) bekendgemaak het.

Dié inisiatief beoog om ʼn netwerk van volhoubare, enkelmedium, onafhanklike Afrikaanse skole te skep wat reg oor Suid-Afrika bedryf sal word.

MOS wil binne die volgende twee jaar ʼn vlagskip private Afrikaanse skool op die been bring, maar terselfdertyd die saadkapitaal wat dit van TAO ontvang het, gebruik om in bestaande private skole te belê, kleiner skole uit te bou en selfs kleuterskole te koop.

Dié skole sal oop wees vir almal wat onderrig in Afrikaans wil ontvang, gemeenskapsgerig wees en boonop bekostigbaar wees terwyl dit hoë standaarde en innoverende leer handhaaf.

“Dit lyk ongelukkig nie of die regering tans die politieke wil het om elkeen se reg te beskerm om in ʼn openbare onderwysinstelling onderrig te ontvang in die taal van hulle keuse nie,” verduidelik Roedolf van der Westhuizen, die inisiatief se uitvoerende hoof.

“Tog bied Afrikaanse openbare skole steeds onderwys van ʼn uitstaande gehalte en het van die beste suksessyfers in die land, maar die risikofaktor vir hierdie skole word al groter. Skole word dikwels gedwing om oor te skakel na dubbelmediumonderrig wat die gehalte-onderrig in Afrikaans negatief beïnvloed.”

Volgens hom is die MOS-inisiatief ʼn pro-aktiewe alternatief wat nie in kompetisie is met openbare skole nie. “Ons wil fokus op die plekke waar daar nie meer voldoende Afrikaanse skole is nie. Die idee is om bestaande skole en kleiner, enkelmedium Afrikaanse skole wat veg om oorlewing oor te koop of te help bedryf. Daarna sal nuwe skole gebou word.”

Van der Westhuizen (37) is ʼn geoktrooieerde rekenmeester van beroep. Hy het by Deloitte in Bermuda gewerk, maar het later ook ʼn pos – soortgelyk aan finansiële direkteurskap – by die enigste hospitaalgroep in dié land beklee.

“Dit was vir my wonderlik om te dink ek kan met my beroep as ʼn rekenmeester ʼn verskil maak aan ʼn land se gesondheid. Elke finansiële besluit, wat in my afdeling by die groep gemaak is, was gemik met dié gedagte in die voorgrond.

“Ek beskou my rol as die nuwe uitvoerende hoof van die MOS-inisiatief in dieselfde lig en ek glo ek sal hier ʼn verskil kan maak,” het Van der Westhuizen bygevoeg.

MOS bestaan uit ʼn houermaatskappy met drie filiale; ʼn eiendoms- of beleggingsmaatskappy, ʼn bedryfsmaatskappy wat die bestuur van skole sal hanteer en ʼn dienstemaatskappy wat sekuriteit en ander dienste aan skole sal voorsien.

Volgens dr. Theuns Eloff, voorsitter van die inisiatief se direksie, was dit belangrik om iemand soos Van der Westhuizen aan boord te kry.

“Die hoof van hierdie inisiatief moet kan besluit wat ʼn goeie belegging sal wees omdat so ʼn onafhanklike skolegroep kommersieel moet werk sodat die winste weer terug in die skole geploeg kan word. Van der Westhuizen het nie net ʼn finansiële agtergrond nie, maar hy is ook ʼn oud-Affie, oud-Puk en ʼn entrepreneur met ʼn passie vir Afrikaanse onderwys,” het Eloff gesê.

Hy meen dié inisiatief “breek tans nuwe grond” omdat daar dalk enkele private Afrikaanse skole is, maar nog nie ʼn skolegroep wat hom op onafhanklike Afrikaanse onderrig toespits nie.

Die private skole ʼn stewige bedrag saadkapitaal van TAO ontvang maar volgens Eloff is dit belangrik om nog beleggers te lok en vir hulle ʼn goeie opbrengs op hulle kapitaal te verskaf.

“Ons wil tegelykertyd in die noorde en suide met die inisiatief se werk begin sodat ons dadelik kan sê hierdie skole is oop vir almal.

“Die bou en daarstel van ʼn Afrikaanse onderwyspyplyn wat oor 17 jaar van ʼn skoolloopbaan strek gaan nie oornag gebeur nie, maar ons sien uit na die uitdaging. Die behoefte is groot en dit is elke Suid-Afrikaner se reg om in hulle moedertaal onderrig te word,” het Eloff bygevoeg.

MOS-inisiatief se direksie bestaan verder uit Eric Wasserman, ʼn finansiële kundige wat voorheen by Absa was, Quinton Adams, ʼn Wes-Kaapse sielkundige en entrepreneur, en prof. Debra Meyer, ʼn dekaan by die Universiteit van Johannesburg en trustee van die TAO.

Die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) met Daan Potgieter, oudskoolhoof van Hoërskool Waterkloof, is MOS se suster-inisiatief van die TAO en fokus daarop om gehalte Afrikaanse onderrig by openbare skole te ondersteun en uit te bou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Jaco ·

Great idiee! Ek sien privaat ondderig gaan nog n massiewe industrie word nes ons privaat gesondheidsorg. Maar wat gebeur as die regering dieselfde sou maak met skool onderrig as wat hul nou met die nasionale gesondheidsorg wil doen, n wetgewing instel wat alle privaat skole verbied om enige kind af te wys ongeag hul afrikaans kan praat of nie….

nella ·

Waar ñ wil is, is ñ weg. Baie sterkte. Ek weet binne 2 jaar, gaan baie dinge realiseer. Baie hoop en moed vir AFRIKAANS en ons leerders van die toekoms.!!!!

Lizel ·

Baie baie goeie nuus. Ek hoop julle dink ook aan die klein dorpies soos ons pragtige dorp Kokstad in die KZN. Ek hoop en bid dat julle hier een sal oopmaak. Ons het glad nie n afrikaanse skoole nie. Alles is engels of gemeng. Dit dal baie wardeur word.

Anoniem ·

“Dit is MOS nou hoe jy dit doen”. Gebruik dit vir julle slagspreek…

Foxi ·

Kan nie wag vir sulke skole nie. Dankie Roedolf, iemand sien uiteindelik n liggie aan die einde van die tonnel. Kan daar ook so na gedink word vir goedkoop private hospitale of klinieke miskien.

Lourie Kruger ·

Hoekom nie saam met die reeds gestigde BCVO privaat skole werk nie? Hoekom iets van voor af begin as daar klaar n klomp privaat afrikaanse skole is?

WonderMaarNet ·

Waarskynlik sou die BCVO skole nie op ‘n Sondag ‘n inisiatief aangekondig het nie.

WonderMaarNet ·

Betwyfel dit of die BCVO op ‘n Sondag so ‘n aankondiging sou doen.

Mike ·

Hierdie skole gaan oop wees maw dit is nie volksgerig nie waar CVO skole meer volksgerig is. Ek dink dis beter so hou ons CVO skole vir ons eie mense.

S van Rensburg ·

Dankie, wens jou voorspoed toe. Begin in Balitto KZN. Moet daagliks Durban Noord toe ry wat Afrikaans/Engels sprekend is. Geen Afrikaanse skole hier. 12 Afrikaans sprekendes wat ek ken gaan daar skool.

Tans ·

Ek stem saam S van Rensburg. Dit sal wonderlik wees om ‘n Afrikaanse skool in Ballito KZN area te he. My kind is in Curro Salt Rock, maar skool geld is baie hoog en dit is net die Laerskool wat Afrikaanse klasse het. Dit sal so wonderlik wees om ‘n Afrikaanse skool hier by ons te he.

Louwrens de Beer ·

Wat sal word van die bestaande privaat Afrikaanse skole bv die CVO skole.

Mike ·

BCVO sal bly voortbestaan onthou hierdie is nie ‘n inisiatief van ons mense nie, die skole in hierdie projek is nie volksgerig nie.

Buks Barnard ·

CVO-skole en tuisonderrig sal steeds die enigste volksgerigte onderwysopsie bly.

HEVW ·

Ja ek sit ook met die groot en belangrike vraag hoekom mos hom nie verenig met die bestaande inisiatiewe soos onder andere die van Solidariteit wat tans n 4,5 miljard plan in werking stel nie. Stoom jul maar weer op jul eie aan instede om saam te staan en n groter mag te vorm. Vernoem tog maar een van die geboue na Theuns Eloff Elke haan wil mos op sy eie mishoop staan en kraai.

Petrus ·

Was die Eloff dan nie deel van die Dakar groep nie? Daar het die wiele begin afval.

Schalla ·

‘n Boer maak ‘n plan! Uitstekende inisiatief, so tipies van die Afrikaner se opbou-mentaliteit eerder as afbreek. Hulle doen alles in hul mag om ons kinders hul reg op moedertaal onderwys te ontneem en wat doen ons mense? Brand nie die land af uit protes nie…. Nee hulle kom op met ‘n plan om iets te bou. Die Engelse na die boereoorlog het ook ons taal probeer onderdruk en dit het ons voorvaders net nog meer aangespoor om hulle in hulle peetjie in te stuur. 20 jaar van nou as hierdie skole die nuwe baken van sukses in onderwys is sal die regering seker weer dit wil annekseer en re-distribute dan sal ons maar weer van vooraf begin bou.

WonderNet ·

Betwyfel dit of die BCVO so ‘n aankondiging op ‘n Sondag sou maak.

Jaco ·

Goeie nuus!! Ons moet dit net deur trek ongeag wat ons ons pad wil staan want daar gaan weereens baie strories wees. Afrikaaners moet dit doen vir ons taal en nageslag. Ons het meer sulke Afrikaaners nodig in ons land.

Magda ·

Uitstekende nuus – baie baie baie dankie – GOD SEEN JULLE

Die beiteltjie ·

Uitstekend! En ja, selfs al is dit teen ‘n prys. Mens betaal vir uitnemendheid. As winste teruggeploeg word in die behoud en vooruitgang van dié skole, sal dit ‘n sukses wees. Onderwysers werk nie vir grondboontjies nie, so om die bestes te hê gaan jy moet opdok. Maar dit kan absoluut die moeite werd wees. Vir liefde vir Afrikaans en liefde vir ons kinders hoop ek hulle gaan van krag tot krag!!

Kallie ·

Behoeftige Afrikanertjies sal in die toekoms net in Engels onderig word in ‘n staatskool.. Maar ten minste sal hulle die rooi taal vlot praat, sonder aksent.

Stoffies ·

Ek hou van die idee, maar hier word twee terme gebruik wat volgens my nie saam kan loop nie: bekostigbaar en wins. Om bekostigbaar baar te wees en ‘n wins vir die beleggers te maak staan volgens my teen mekaar. En wat is die definisie van beskostigbaar? Bekostigbaar vir wie? Die een wat 300000 per jaar vedien? Wat dan van die wat minder as 150000 per jaar verdien? Daar is baie vrae wat nie antwoorde in die artikel het nie en ek sal die ontwikkeling dophou om te sien waarheen dit gaan

Landie ·

Dit is wonderlike nuus. Ek hoop dit gaan hoe kwaliteit onderrig wees wat bekostigbaar is. Stream line ook sommer die CAPS curriculum want dit is nie doeltreffend nie. En ons kinders doen emosioneel groot skade op agv die druk wat die curriculum op hulle plaas. Hulle leer nie eers behoorlike grondfase wiskunde of om behoorlik te lees nie.

Johan Neuteman ·

Ek het in my ee nvoud gedink hier kom ‘n positiewe ding toe Solidariteit anderdag aankondigings gemaak het – maar dit sit nie lekker dat Sondag die werksdag vir hierdie aankondiging was nie. Is teleurgesteld – voel nie of christelikheid en Afrikaner-kultuur hier gesteun gaan word nie, eerder maar net breedweg Afrikaans en staatsonderwys so bietjie herverpak. Wens so dit was anders.

Andreas ·

Johan, ek sien ander mense praat ook hier, soos in die berig, van Sondag wat die aankondiging was. Ek self het ‘n volledige e-pos met nuusverklaring oor die MOS-inisiatief, ook foto van Roedolf van die Westhuizen daarby aangeheg, verlede Vrydag, die 5de, al ontvang.

Johan Neuteman ·

Ek hoop dat Maroelamedia vir ons dan die feite oor die Sondag-bekendstelling of nie sal opklaar.

Bianca ·

Wonderlike nuus inderdaad!!! Maar die skole gaan skaars ingebruik wees dan hoor ons dis rasisties. Nou sal niks gese word nie… as hul nou al privaat eiendomme vat – wil vat…. net my opinie. Maar ja, dit sal wonderlik wees.

Willie van Rensburg ·

Hoogtyd.. die “kombuistaal” sal aanhou gedy!

lewies ·

Die kommentare na die plasing van hierdie artikel het my vrese vir die onderwyspad vorentoe gestalte laat kry. Ek het in ‘n ander artikel twee dae gelede kommentaar gelewer en ‘n suggestie gemaak dat ons ‘n Onderwysberaad behoort te hou net vir Afrikaanse skole en nou sit ons weer met ‘n nuwe MOS – inisiatief. Die feit dat die samestelling van julle direksie, uit onderwyskundiges en besigheidsmanne bestaan kan die finansiele volhoubaarheid van hierdie insiatief verseker. MAAR ek sien en hoor ook wat die BCVO se kommentator op hierdie artikel se. Dit klink miskien niksseggend, maar die waarheid van die Christelike karakter van hierdie inisiatief is nie duidelik uitgespel nie.

Solidariteit sal maar vir ons moet se waar hulle staan, want dit klink vir my na twee parallele-strukture wat besig is om te ontwikkel. Miskien is ‘n Onderwysberaad tog noodsaaklik.

Andreas ·

lewies, gaan soek raakpunte van die onderskeie Afrikaanse organisasies, dan sal jy sien hulle kommunikeer, meer as dit, die een leef nie in ‘n vakuum van die ander nie.

Buks Barnard ·

Nee wat, ek bejeën enigiets waarby De Klerk se agterryer, Theuns Dakar Kodesa Eloff, betrokke is met die grootste agterdog. Dit is hy wat die CHO uit die Puk gepluk het en nou wil hy kastig onderwys red. Ondersteun CVO-skole en as jy kan, doen tuisonderrig, maar hierdie storie met sy Sondagaankondiging vertrou ek NIKS.

humor ·

Waar T Eloff betrokke is daar het ek maar my bedenkinge. Ons sal nie vergeet nie die Christelik – Volkseiekarakter van die PUK is vir goed daarmee heen. Die De Klerk en George Soros bewyse is daar en in misplaasde bewondering word selfs die De Klerk stigting gestig,

Andreas ·

‘n Stok waarmee mens ‘n hond wil slaan kom by my op … soek en jy sal vind. As dit jou rede is om Afrikaans te misken … “say no more”.

Johan Neuteman ·

@Andreas – mens wil graag Afrikaanse skole hê, maar dis ‘n saak van erns dat dit christelik-Afrikaanse skole moet wees, en die saak met gelowige eerbied vir God aangepak moet word. Afriforum het immers ook ‘n hofsaak vir christelikheid in skole aangepak, was dit nie?

John ·

Ekt die berig begin lees en gedink hierdie gaan `n eng, verkrampte, ras-egte, volkseie, godvresende, behoudende, Afriforum-aanhangende storie wees. Toe sien ek Dr Eloff is betrokke en skielik kry ek hoop vir a Afrikaanse, sekulere, volhoubare inisiatief waar ons kinders kwaliteit opleiding gaan kry wat hulle sal voorberei vir die regte wereld daarbuite – kosmopolitaans en werelds, maar met `n sterk en gerekende akademiese inslag.

Goeie werk en alles sukses!

Ferdi Pieterse ·

In KZN is daar nog net 4 Afrikaanse skole.Beslis hier sal dit werk omrede die Dept v Onderwys karring om die ook parralêlmedium te maak in die volgende jaar.

Tans ·

Ek stem saam Ferdi. Ons sal wat wou gee om ‘n Afrikaanse skool in Ballito te he, hoerskool en laerskool. Tans is dit net Curro Salt Rock wat Afrikaanse klasse in Afrikaans het, en skoolgelde is vreeslik hoog. Hoop dit gebeur sommer baie vinnig.

RAS-EG ·

FANTASTIES – FANTASTIES – FANTASTIES!!!!! Ek ondersteun Afriforum voluit en is ook ‘n lid – julle is wonderlik. VIVA AFRIFORUM – 110% agter julle met ALLES!

Susna ·

Waar daar n rokie is, is daar n vuurtjie……Ons kan almal wat hier betrokke is net baie sterkte toebid dat hierdie projek met die regte gesindheid en opregtheid aangepak sal word, en die resultate sal oplewer waarna daar gestrewe word vir ons taal.

Dan ·

Wonderlik! Mag die Heer se Hand oor jou en die res van die span wees! Ons ondersteun julle ten volle!!

moedertaalonderrig ·

“Ons en ons kinders is in die wereld, maar nie van die wereld nie” ‘n inisiatief wat nie vanuit hierdie grondslag, totstand kom nie, sal beswaarlik ‘n volhoubaar entiteit wees. Daar is tog ‘n baie groter doel met opvoeding en onderrig en ek praat nie van dogmatiese model nie.

Jeremia ·

Nou ja, die kaarte is uiteindelik op die tafel uitgepak. Met Eloff en Kie. Herverpak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.