Polisie in KZN onder ‘beleg’

Bheki Cele, minister van polisie, tydens sy besoek aan KwaZulu-Natal die afgelope week. (Foto: SA Polisie)

Die minister van polisie, Bheki Cele, is Donderdag na KwaZulu-Natal waar vier polisiebeamptes die afgelope week in afsonderlike voorvalle vermoor is.

Sersante Makhosaze Mdlangathi en Mfikelwa Mtolo, verbonde aan onderskeidelik die Plessislaer- en Richmond-polisiestasie, is voorgelê en deur gewapende aanvallers in Taylor’s Halt in die uMngungundlovu-distrik vermoor.

Konst. Royal Mfihloyakhe Ndlovu het verlede Donderdag op ʼn voorval van gesinsgeweld in Chatsworth gereageer. Nadat hy die huis binnegegaan het, is die 44-jarige Ndlovu in die bors geskiet. Hy is op die toneel dood.

Sondag is konst. Mbuso Nzimela aangerand en doodgesteek.

Niemand is nog in verband met enige van die moorde aangekeer nie. Die Valke ondersoek die voorvalle.

Cele glo die polisie is “onder beleg in die provinsie”.

“Ons kan nie vier van ons polisiebeamptes in die lykshuis hê en maak asof dit normaal is nie. Of hulle nou aan diens was of nie, dit is duidelik dat hulle geteiken is deur misdadigers wat vasbeslote is om die gemeenskap te terroriseer.

“Dit is ook uiters kommerwekkend dat die aanvalle meestal in KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap voorkom – provinsies waar ons ʼn beroep op mense doen om enige inligting wat kan help om die moordenaars aan die pen te laat ry, aan die polisie te gee.”

Cele het terselfdertyd ʼn toneel in Eshowe besoek waar ses familielede die afgelope naweek vermoor is.

ʼn Verdagte, ook ʼn lid van die familie, is reeds in hegtenis geneem. Die verdagte het na bewering eers die deur met ʼn byl oopgebreek en toe glo ses familielede, tussen agt en 70 jaar oud, doodgeskiet.

Die minister het die spoedige inhegtenisneming geloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Genis ·

Ja ek stem saam Dup… hulle sou dit gewaag het in die ou bedeling…toe polisie nog polisie was…

Anoniem ·

Boere is dit al lankal gewoond. Hulle weet nie of hulle môre nog die son sal sien opkom nie.

Sarel ·

Sy mense word links & regs vermoor masr hy kuier op Nkandla

Casper ·

Oompie met die hoed net die volgende.Jy spreek jou nie uit oor boere en hulle vrouens en kinders wat in lykshuise opeindig nie.’n Tweejarige dogtertjie is saam met haar pa en ma tereggestel in Lindley.Jy is nie jou lede waardig nie

Anel ·

Wat van al die boere en oumense wat daagliks gemartel word en beroof word én vermoor word? As die polisie hulle werk behoorlik gedoen het koeëlvaste baadjies gedra het so minder van hulle ook gesterf het. Hoeveel word nie in die bors geskiet nie? Sê maar net. Maar nou ja. As polisie nie eers vir jou afskrif van jou verklaring kan gee nie want daar is geen werkende drukker nie, of jy moet jou eie pen saamvat, dan weet ek nie meer nie!

Nie Verbaas ·

Wat Cele nie besef nie is dat dit tipies die nagevolge is van die ANC se benadering tot wet en orde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.