Polisie ondersoek gesinstragedie in Kuilsrivier

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

ʼn Gesinstragedie het hom Sondag in die vroeë oggendure in Kuilsrivier afgespeel toe ʼn man glo sy vrou en dogter doodgeskiet het voordat hy sy eie lewe geneem het.

Volgens ao. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, is die polisie na die huis in Oud-Nooiensfontein-weg ontbied.

“Die liggame van ʼn 48-jarige man, 44-jarige vrou en 15-jarige meisie is op die toneel gevind. Almal het skietwonde opgedoen en is deur paramedici op die toneel dood verklaar.”

Die polisie ondersoek twee sake van moord en het ʼn geregtelike doodsondersoek begin.

Volgens berigte kon die seun daarin slaag om te ontsnap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Miena ·

Ai dit is baie baie hartseer. Sterkte aan familie van beide kante en vriende aan almal betrokke.

Mieke ·

Wat ‘n verskriklike tragedie.. en die arme seun wat oorleef… Ek hoop hy sal gehelp word om berusting te vind.

Voilet ·

Hoekom moet hul altyd mense saam hulself dood maak? Jinne nou boet hy erg vir sy dade en sal nooit daaruit kan uit kom nie.

Danie ·

Is dit die gevolge van die ekonomie met n sameloop van gesins probleme? Hartseer dat dit so moes gebeur.Sterkte aan die naasbestaandes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.