Polisie ondersoek omstrede dwelmhandelaar se dood

Glenn Agliotti verlaat die hooggeregshof in Johannesburg in 2008. Hy was die hoofverdagte in die moord op Brett Kebble. (Foto: Werner Beukes / SAPA / Argieffoto)

Die polisie in Gauteng ondersoek die omstandighede rondom die dood van die berugte dwelmhandelaar Glenn Agliotti.

Lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het Agliotti se dood Saterdag aan Maroela Media bevestig.

“ʼn Geregtelike doodsondersoek is by die Douglasdale-polisiestasie geregistreer. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal,” sê Masondo.

Agliotti is in 2007 aan dwelmhandel skuldig bevind en het ʼn opgeskorte vonnis ontvang.

Hy was ook die hoofverdagte en vermeende meesterbrein in die moord op die mynmagnaat Brett Kebble, maar is vrygespreek.

Agliotti was later ʼn getuiene in die korrupsiesaak van wyle Jackie Selebi en het erken dat hy hom omgekoop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gert ·

“You live by the sword, you die by the sword”. Hoeveel mense se lewens het hy nie verwoes met sy dwelms nie…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.