ʼn Betaalvakansie is nie ʼn manier om van jou skuld ontslae te raak nie, maar dit is beter as om net jou verpligte terugbetalings eenvoudig te staak.
Lees meerAlles vir Saterdag 1 Julie 2023
Cornwall meer as pasteie, tinmyne en dranksmokkelaars
Hierdie poskaartmooi-streek gaan oor veel meer as net Corniese pasteie, tinmyne en sluwe dranksmokkelaars, het Maryke Roberts uitgevind.
Byna 1 000 mense al vas oor betogings in Frankryk
Die regering het Vrydagaand 45 000 polisiebeamptes regoor Frankryk ontplooi.
Kommer oor derduisende vakante poste in Limpopo
Meer as 13 000 goedgekeurde poste in staatsdepartemente is tans vakant terwyl jong mense in Limpopo toenemend werkloos is.
Polisie ondersoek omstrede dwelmhandelaar se dood
Glenn Agliotti was destyds die hoofverdagte in die moord op Brett Kebble, maar hy is vrygespreek.
Namibië sê ja vir uitdunning van derduisende pelsrobbe
Die uitdunning van robbe is lank reeds ʼn omstrede kwessie in Namibië, met diereregtegroepe wat die praktyk as wreed beskryf.
ANC kan outonomie-beweging nie ‘wegwens’
Hoewel die twee stukke wetgewing klem op verskillende aspekte van groeiende outonomie lê, is die onderliggende boodskap van “ons is moeg daarvoor om vanuit Pretoria regeer te word” dieselfde.
Karen Turner-moord: Woedende familie kry eie regshulp
“Ons het tydens verlede week se hofsitting besef daar is baie leuens. Dit lyk asof die werklike gebeure toegesmeer word om die reservaat en sy reputasie te beskerm, omdat besoekers steeds daarheen gaan. Ons het net besef dat ons as ʼn familie ons eie prokureur sal moet kry om die saak te ondersoek.”
OB-verslag oor Phala Phala: ActionSA oorweeg regstappe
Die ACDP is ook nie tevrede met die verslag en die talle vrae wat steeds onbeantwoord bly nie.
Tweede asem wink vir Houtbaai-hawe
Opknappingswerk aan die geplunderde Houtbaai-hawe sal hopelik binnekort begin, terwyl vissersregte ook oor die volgende paar maande toegeken sal word om weer nuwe lewe in die vissersbedryf hier te blaas.
Hollywood: Chrissy Teigen en John Legend verwelkom vierde baba; hertogin Fergie deel kankerskok
Maroela Media bied jou ʼn opsomming van die week se jongste internasionale vermaaknuus.
SA skaapskeerders seëvier by wêreldkampioenskap
Vanjaar se oorwinning in Edinburg, Skotland, is maar een van die vele handskeerkampioenskappe wat Suid-Afrika sedert die 1990’s die een ná die ander gewen het.
Springbokke het hef in hand op Fort Loftus teen Wallabies
Byna 60 jaar gelede het die Bokke die eerste keer op Loftus Versfeld met die Wallabies kragte gemeet. Sedertdien is hulle in sewe opeenvolgende toetse teen die Aussies nog onoorwonne.
Oscar-bekroonde akteur Alan Arkin sterf
Arkin was onder meer bekend vir sy rolle in ‘Little Miss Sunshine’ en ‘Argo’.
Komedie met kar se vroegoggenddiens
Maar in dieselfde asem gesê, sal my volgende motordiens in die somer wees. Helder oor dag, en my klere sal reg lê.
Een dood, 18 beseer in ongeluk op N3
ʼn Vrou in haar 40’s het erge beserings opgedoen en is op die toneel dood.
Tshwane-metro: Meer as helfte van dissiplinêre verhore ná jaar nog hangend
“Ons wil ons inwoners verseker dat die persepsie dat ons beamptes nie verantwoordbaar hou nie en dat hulle onaantasbaar is, doodeenvoudig nie waar is nie. Ja, ons het uitdagings, maar ons werk onverpoosd om dit op te los.”
Gholf: Langer draai die horlosie terug
Bernard Langer wat reeds in 1972 ʼn beroepspeler geword het en 121 toernooie in sy lang loopbaan gewen het, het Vrydag se tweede rondte in 68 houe (-3) voltooi.
Ontvoerde sakeman van Burgersfort gevind
Solly Tayob is op 2 Junie deur swaargewapende mans by sy sakeonderneming ontvoer.
Foto’s: Welkom aan boord wêreld se grootste passasierskip
Die passasierskip ‘Icon of the Seas’ spog met ses waterglybane, sewe swembaddens, nege borrelbaddens, 40 restaurante en kroeë (waaronder ’n klavierkroeg) en ’n ysskaatsbaan aan boord en onderneem volgende jaar sy nooiensvaart.