Polisie ontplooi teen Welkom-betogings

(Argieffoto: Ayanda Ndamane/ANA)

Verskeie persone is in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld ná betogings in Welkom en omgewing in die Vrystaat.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep betogers het Sondagaand om 21:00 in Allanridge se strate begin sing. Vier uitlanders se winkels is geplunder en strate is met buitebande, wat aan die brand gesteek is, en klippe versper. “Die groep het ook die satelliet-polisiestasie gevandaliseer toe klippe na ruite gegooi is. Daar was ook ʼn poging om die gebou aan die brand te steek.”

Verbygaande motors op die R30 is met klippe bestook. Drie voertuie is beskadig en een voertuig is aan die brand gesteek.

Die polisie ondersoek ʼn saak van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging asook die besit van gesteelde eiendom.

Beamptes van Allanridge het inligting van inwoners opgevolg en vier verdagtes, twee mans en twee vroue, is in hegtenis geneem met ʼn groot hoeveelheid kruideniersware wat uit die winkels gesteel is. “Die verdagtes sal binnekort in die Odendaalsrus-landdroshof verskyn.”

ʼn Groep van sowat 50 betogers is in Meloding deur die eenheid vir openbare orde uitmekaar gejaag nadat hulle strate met brandende buitebande en klippe versper het. “Die situasie is tans onder beheer met ʼn sterk polisieteenwoordigheid. Ses persone is in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld,” het Makhele bygevoeg.

Strate in Thabong is ook met brandende buitebande en klippe versper. “Altesaam 21 persone is hier in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld. Hulle sal na verwagting binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn. Die situasie het teruggekeer na normaal en die verkeer vloei weer.”

In Welkom is buitebande aan die brand gesteek in die strate van Riebeeckstad en Rheederspark. Verskeie strate is ook met klippe versper. “Die polisie het egter ingegryp en die strate skoongemaak sodat die verkeer kan vloei. Die situasie is tans onder beheer.”

In Ventersburg is die N1 met brandende buitebande en klippe versper. Motoriste is hier ook met klippe bestook. “Petrolbomme is ook gebruik, maar geen voertuig is hierdeur geraak nie.”

Die situasie word gemonitor en die polisie is steeds ontplooi. Motoriste in die betrokke gebiede word gemaan om bedag te wees, aangesien die situasie onverwags kan verander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Mariana ·

Betogers se voet. Hierdie is net ‘n manier om te plunder en te verniel. Hulle is almal kriminele wat vasgevat moet word of gaan hulle ook die verskoning ‘ons was honger’ gebruik. Dis tyd dat hierdie sogenaamde betogings gestop word voor dit handuit ruk.

Die Boerepompie ·

Die ANC weet van al die .Dit is hulle plan want wanner daar weer gestem word en die ANC is weer aandewind dan se hulle kyk die mense soek ons

Karen ·

En wat van die feit dat hulle die covid regulasies verontagsaam het?

Belinda ·

is mos nou weer amper tyd vir verkiesing nou sal almal protes en die partye sal nou inspring want almal wil nou iets uit iemand he… maar dis net n jammerte dat die promises nie gehou word nie. Kyk hoe lyk ons land! dis baie sad hoe alles afgebrand en geplunder word.

Winnie ·

Hulle is omgekrap want die tshirts het gekrimp en die kospakkies was te min maar dit gaan reg gestel word met die volgende verkiesing moenie worry nie. Daai kruisie gaan weer getrek word by die mense wat babetjies gaan soen en druk en kos uitdeel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.