Polisie ‘slaggereed’ vir presidensiële inhuldiging

loftus6

Loftus Versfeld

Die polisie sê hy is slaggereed om Saterdag wet en orde te handhaaf wanneer duisende mense na Pretoria sal stroom vir die inhuldiging van pres. Cyril Ramaphosa by Loftus Versfeld.

Die stadion sal na verwagting stampvol wees wanneer Ramaphosa vir nog ʼn termyn as president ingehuldig word nadat die ANC vandeesmaand die afgelope nasionale verkiesing gewen het.

Die polisie se nasionale gesamentlike operasionele en intelligensie-struktuur (Natjoints) het Donderdag bevestig dat meer as 200 busse mense vanaf Limpopo, die Vrystaat, Noordwes, Mpumalanga en Gauteng na die stadion sal vervoer.

Natjoints het dus ʼn omvattende plan van aksie uiteengesit om te verseker dat die swierige geleentheid vlot verloop.

Volgens dié plan sal lede van die polisie en metropolisie asook lede van ander regeringsdepartemente ontplooi word om ʼn doeltreffende roete na die stadion asook sekuriteit by die stadion te verseker.

Die stadion se hekke sal Saterdag reeds om 03:00 oopmaak en diegene wat die inhuldiging gaan bywoon, word aangemoedig om van vroeg af by die stadion aan te kom om verkeersopeenhopings te voorkom.

ʼn Lys van verbode items is op die regering se kommunikasiediens GCIS se webwerf geplaas wat nie in die stadion ingeneem mag word nie. Dit sluit alkohol, dwelms, vuurwapens en glasbottels in.  Indien mense nie aan die beperking gehoor gee nie, sal daar op dié items beslag gelê word voordat die betrokke toeskouer by die stadion mag ingaan. Geen mense onder die invloed van alkohol sal in die stadion toegelaat word nie.

Natjoints het ook verseker dat algemene veiligheid en daaglikse polisiëring vir alle Suid-Afrikaners steeds aandag sal geniet vir die duur van die geleentheid.

Verskeie strate sal vanaf Vrydag om 15:00 tot Saterdag om 22:00 gesluit wees. Klik hier vir ʼn volledige lys van strate wat geraak sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Willehond ·

Ek wonder hoe gaan loftus en omliggende gebied lyk na hierdie sirkus! Sterkte aan die mense wat daar naby bly!

Ag regtig ·

Ja nee, R120 miljoen vir ‘n inhuldiging gaan regtig die arm mense baie trots maak op die nuwe president wat hulle ingestem het. Viva!!!!

Pieta ·

Wie betaal vir die busse om die mense aan te ry? Of is dit ‘n stupid vraag?

Chesterfield ·

So nou gaan die arme mense in daardie gebied geen polisie dienste beskikbaar he tot die partytjie verby is nie?

koos ·

Het ons dan polisie of bedoel hulle sekuriteits maatskappye?

Anon ·

Wat van Loftus Versveld? Ai, die #Bulle se stadion gaan weer vermors/verwoes word!!!

Jax ·

vat ons laaste geld om vir Rama ‘n party te gooi!
wie gee om of jy ingehuldig word of nie, dit los nie 1 van die land se probleme op nie
sal die res van ons wat so hard werk sodat die ANC kan party hou, dalk dit nie oorweeg om eerder dan ‘n bank of iets te roof aangesien die hele polisiemang by Loftus gaan wees!

Rian ·

“Geen mense onder die invloed van akohol toegelaat word nie” Grate, well done! Gaan almal blaas of hoe gaan dit gedoen word? Ek kan met Anon hierbo saamstem, wat gaan van die stadium oorbly, geen stoel, geen vensters, lopende water van krane wat verwyder is? Die inhuldiging mag dalk R120mil wees, maar die skade gaan die bedrag vêr oorskry!

Genieve ·

Ai wat kan n mens dan se die land se paaie is vol slaggate,mense sit sonder water/huise n gesin sukkel om hule families te begrafwe na n brand en R120 miljoen vir inhuldiging ag shame..mense wat wysheid aanstuur.

Tata Loftus ·

Wonder wat gaan van Loftus oobly na die “party for all”. 200 busse met mense…..ou Cyril wil seker ‘n bietjie belangrik voel, daarom ry hy mense aan. Dankie tog ek hoef dit nie by te woon nie. 120 Miljoen geblaas terwyl daar werkloosheid, behuising en allerlei ander probleme is wat veel eerder baat kon vind by die klomp geld.

barend v d westhuizen ·

wel wit mense bly by jou huis wand daar is geen sapd nie en beskerm jou self ja die anc kan net geld mors maar die arm mense het maar weer gestem vir hulle dis hulle moet nie huil oor hulle arm is nie want dit is hulle regering wat hulle arm ou en nie dienste lewer nie wand mors geld op goed wat on nodig is

Stormjaars ·

Ek wil van die spil niks weet nie. Ek soek net werk. cr is niks van my nie. Dis net nog n gemors van geld. Met soveel geld kan ek werk skep vir ten minste 100 mense.

Patriot ·

Goed, waar is die bye boere ? Ons kort nou `n paar kaste beneukte bye saterdag

MAPSTIEKS...!! ·

Briljante entrepeneur jy,PATRIOT!
Die bye,sal dié RYKMANS sirkus goed kon afrond

Lindtjies ·

Patriot, jy is baie snaaks. Ek sien dit al. Die madams met hulle high polfaais wat hulle skaars op kan bly. Lyk soos ‘n perdekar was se wieletjies uitval :o)

Die Voters ·

Die klomp wat gestem het wat belasting betaal gaan op Loftus wees. Die klomp wat nie belasting betaal nie gee nie om nie want hulle dra nie by nie. So hulle sal weer ANC stem.

Kediksie ·

Nou wat is nou so “swierig” as mense met busse aangepiekel word???

Wonder ook ·

Loftus gaan nooit hierna dieselfde wees nie. Ek stem 100% saam meeste van die plasings hierbo.

Sal nie verbaas wees dat Loftus se naam tien teen een nog gaan verander na Ramaphosa stadium toe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.