Polisie soek bende transitorowers by Badplaas

Al drie wagte is ernstig in die ongeluk beseer. (Foto: SA Polisie)

Die polisie is op soek na ʼn bende rowers wat Maandag kort voor 17:00 op ʼn geldwa van Fidelity in die omgewing van Badplaas toegeslaan het.

Die rowers het die geldwa sowat 12 km buite Badplaas, op die Barberton-pad, met ʼn Toyota Land Cruiser gestamp. Die geldwa het geen begeleidingsvoertuig gehad nie. Dit is oopgeblaas en ʼn ongenoemde bedrag geld is gebuit, sê kapt. Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke.

Die drie Fidelity-wagte is ernstig beseer in die ongeluk en is na die Mbuleni-hospitaal in Elukwatini geneem.

Die aanvallers het ‘n wit Toyota Land Cruiser gebruik om in die geldwa vas te jaag. (Foto: SA Polisie)

Dit is onbekend hoeveel aanvallers betrokke was en geen inhegtenisnemings is nog gedoen nie.

ʼn Vuurwapen wat aan Fidelity behoort, is buite die voertuig gekry en die polisie het beslag gelê op nog twee voertuie wat op die Nkomati-mynpad verlate agtergelaat is.

Die ondersoek moet ook die status van die Audi, met registrasienommer JC16DF GP, bepaal, terwyl ʼn Toyota-bakkie, met registrasienommer KF63JN GP, vroeër vandeesmaand in eMalahleni as gesteel aangemeld is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JM ·

Dit is darem net te wonderlik dat transitorowers altyd weet waar die vervoerwa te vind is! Hierdie is inligting van binne. Moenie net soek na die rowers nie, vind ook uit wie die inligting laat uitlek het: die eintlike slang in die gras!! Uitvaagsels!

Pieter ·

Vree.md dat daar nie vir beter beve.iliging voor.siening gemaak kan word nie. Skep die indruk dat kon.tant vry aan krimi.nele en poli.tieke orga.nisasies ges.kenk word op hierdie manier, wat op ‘n ander manier ge.was word.

SjN ·

Die rowers moet binne inligting van iewers kry om die taak uit te voer.

Kokerboom ·

Hierdie is lankal NIE meer ‘n grap. Dis so asof partye betrokke in vervoer van geld net nie wil of kan opkom met werkbare planne . Menselewens op die spel en sage gaan net aan!!!!Boewe lag vir hulle..gemaklike geld!!!

Shakespeare ·

Van ‘n land van melk en heuning tot ‘n vrot ashoop en dit in net 27 jaar.

Swerwer ·

Niemand sal in hegtenis geneem word nie want dit is die ANC het Hoed is skuldig want hy help mos om misdaad te bevorder.

Swerwer ·

Soek onder Fidelity se wernemers, die leidraad sal daar gevind word om die bende rowers vas te trek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.