Polisie trek meer as 50 000 vas in drie weke

(Argieffoto: SA Polisie)

Meer as 50 000 mense is tussen 17 Desember en 7 Januarie as deel van die polisie se Operasie Shanela vasgetrek.

Volgens brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het die polisie in die afgelope feestyd patrollies by geïdentifiseerde brandpuntgebiede gehou om voorvalle van misdaad tot die minimum te probeer beperk.

Meer as 3 330 padblokkades is gehou met die fokus daarop om gesoekte verdagtes op te spoor, op onwettige vuurwapens, dwelms en onwettige goedere beslag te lê, asook gesteelde en gekaapte voertuie terug te vind.

Daar is tussen 17 Desember en 7 Januarie op 267 onwettige vuurwapens beslag gelê en 197 gesteelde en gekaapte voertuie is teruggevind.

Altesaam 1 390 verdagtes is in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord, 1 252 vir verkragting, meer as 10 000 op aanklagte van aanranding en 546 vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

“Sedert daar in Mei verlede jaar met Operasie Shanela begin is, is daar reeds meer as 314 000 mense in hegtenis geneem.”

Genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, het gesê die polisie bly op ʼn hoë gereedheidsgrondslag om misdadigers vas te trek en misdaad te bekamp.

“Ons fokus bly op ernstige en gewelddadige misdaad. Ons polisiebeamptes is steeds ontplooi om te verseker dat ons sigbaarheid verhoog.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Wit Leeu ·

Ja, sure ! Môre is almal op borg uit ! Die is net ‘n politieke foefie om almal om die bos te ly !

Nie Verbaas ·

Dit is fantasties! En volgende week is almal weer uit op borgtog.

KB ·

Wasige woorde is ʼn lekker politieke speelding. Ek glo vir Masemola so min soos vir Cele.
1. Eers was die syfer (Cele) 75000, nou is die leuen kleiner – net 50000!
2. En waar hou julle 314000 kriminele aan?
3. Ek dag die tronke/selle is oorvol? “In hegtenis geneem”…en wat beteken dit:
a. …gewaarsku en weer laat gaan?
b. …steeds in aanhouding?
c. …borgtog gegee, en vrygelaat?
d. …hofsaak hangend?

Julle is flou…probeer weer.

Jana ·

Goed gedoen polisie! Nou hoop ons net die kriminele sit vir hulle misdade in plaas daarvan om weer vinnig uit te wees op straat.

KB ·

Ek kom by 16000 tot 17000 uit…meer as 50000?! (Ons kán lees en ons kan optelsomme maak).
Aikona.

minnie muis ·

en dan gaan 40 duisend seker net n raps op hand kry en of ontsnap…en ander ?

Pietertjie ·

Ek hoop daar is genoeg tronke vir al die kriminele. Of hoop ek verniet?

ES ·

Daar is nie plek in die tronk vir nog 50 000 kriminele nie, so daar gaan seker niks daarvan kom nie. Wie doen al die papierwerk om te verseker dat die staatsaanklaer genoegsame bewyse het om in die hof voor te le?

Hierdie sou goeie nuus gewees het as ons regstelsel gewerk het.

Anel ·

Daar is ‘n groot verskil tussen arresteer en aanhou. Hoeveel van die lot is nie weer vrygelaat nie? Hoeveel het erkenning van skuld betaal, hoeveel het borg en hoeveel is aangekla in tronk toe gestuur? Moennie probeer om ons ‘n mielie te rol nie!!!

Janine ·

Dis seker lekker om slegs gedurende Desember vakansie te werk….. Wat ‘n grap!

Lettie ·

Stem in alle opsigte saam met KB. Inhegtenisneming is net ‘n woord spog word. Twak!

TO ·

Regtig, om wat met hulle te doen, hulle more weer vry te laat of dis mos amper verkiesing, sy edele sal hulle amnestie toestaan

Adri ·

Sjoe kyk julle die regering het vir ‘n verandering hulle werk gedoen (LOL)!!! – of so sê hulle. Nou kan almal wat die twak glo weer vir hulle stem.

Frans ·

Uiters swak. As die polisie hulle werk behoorlik gedoen het sou daar nie 50000 kriminele gewees het om toe te sluit oor drie weke operasies nie. Kriminele sou skaars gewees het. Doen dieselfde operasie in Australia of USA en die getal sou laag wees want hul doen hul werk gedurende normale tye en nie net met operasies om hul onbevoegtheid uit te wys waarmee hulle brag nie.

Roek ·

,N saak is eers suksesvol na die afhandeling daarvan , die getalle beteken ZERO , daar word nou onderhandel wie kry wat !

Windhond ·

Moenie opgewonde raak nie, wat hulle jou nie vertel nie is dat 90% daarvan is “katogorie B” misdrywe soos pieppie op straat, betreding, handeldryf sonder permit, rommel strooi, lelik op straat en sovoorts en sovoorts………meeste van die sake kan daar afkoop boetes betaal word, en dit gaan automaties registreer word as kriminele sake, dit bring ook mee dat die opgeloste sake in die Misdaad Register kunsmatig verhoog word, terwyl die publiek onder indruk is dat die Polisie ernstige sake aan die leiband het en dit gunstiglik beveg…………..dis oe verblindery en maak die staatskas vol geld

christo ·

Ag foeitog, al die duisende arrestasies en hoeveel loop uit op ‘n suksesvolle vervolging? Miskien 11% volgens die staat se statistieke.

Andre ·

…intussen hoop die siviele eise teen die SAPD op, weens onvoldoende opleiding en kriminele in die Mag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.