Polisiebeamptes in hof vir twee se dood

Argieffoto (Foto: SAPS)

Twee polisiebeamptes van die Wes-Kaap sal Vrydag vir die dood van twee beweerde motordiewe in die Athlone-landdroshof verskyn. Dit kom nadat ʼn skietery verlede jaar tussen die polisie en die insittendes van ʼn vermoedelik gesteelde voertuig uitgebreek het.

Die twee polisiebeamptes is Donderdag deur die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) in hegtenis geneem. Hulle is onderskeidelik by die Kleinvlei- en Mfuleni‑polisiestasies werksaam.

Volgens Lizzy Suping, Opod-woordvoerder, word beweer dat die polisiebeamptes in April verlede jaar ʼn gesteelde voertuig agternagesit het, toe ʼn skietery tussen die insittendes en die polisie uitgebreek het. Die insittendes is in die proses doodgeskiet. Hulle was glo eerste om skote op die polisie af te vuur, waarna die polisie teruggeskiet het. Die insittendes is op die toneel dood verklaar.

Nadoodse ondersoeke het bevestig dat die slagoffers aan skietwonde beswyk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.