Polisiebeamptes vas oor veediefstal, kaping

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: SAPD)

Twee polisiebeamptes in Noordwes is onderskeidelik op aanklag van veediefstal en voertuigkaping in hegtenis geneem.

ʼn 28-jarige beampte van Ganyesa se sigbare polisiëringseenheid en ʼn 24-jarige vermeende medepligtige is Donderdag in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag van veediefstal.

Volgens brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, is die twee in hegtenis geneem nadat ʼn plaaswerker sy werkgewer gebel en ingelig het oor mense wat vee in ʼn sleepwa gelaai het. ʼn Soektog is deur Vryburg se eenheid vir veediefstal asook plaaslike boere van stapel gestuur waarna ʼn wit Toyota Fortuner met ʼn sleepwa met vyf beeste opgemerk en voorgekeer is.

“Die beeste is positief uitgeken en aan die wettige eienaar terugbesorg. Daar is op die voertuig en die sleepwa beslag gelê.”

In die ander voorval is ʼn 40-jarige sersant Vrydag tydens ʼn misdaadintelligensie-gedrewe operasie in Orkney vasgetrek. Sy inhegtenisneming het gevolg nadat ʼn motor wat verlede maand in Kanana gekaap is, teruggevind is.

Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat die sersant en nog ʼn verdagte glo die eienaar van die voertuig gebel en gesê het hulle sal die sleutel terugbesorg op voorwaarde dat die saak teruggetrek word.

Na die betrokke sersant geïdentifiseer is, is hy deur lede van die provinsiale teenkorrupsie-eenheid  by die Orkney-polisiestasie in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting vandag in die Orkney-landdroshof verskyn op aanklag van regsverydeling en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Casper ·

Welgedaan manne van die gereg.Dit is nou mense wat ons moet beskerm nou word hulle self gearresteer.

Samuel ·

Baie beslis nie. Ek leer my kleinkinders om versigtig te wees vir polisiebeamptes omdat jy hulle nie kan vertrou nie.

Harley Davidson ·

Die huidige benaadeelde lede blyk nie hulle so baie skuldig te maak aan misdaad soos die huidige bevoordeeldes lede nie.

Kokerboom ·

Kyk maar net wie en wat aangestel word?
Hou Lesufi se spannetjie pas aangestel in Gauteng ook fyn dop!

Kokerboom ·

Dit raak al hoe moeiliker om tussen boewe te onderskei..die in gewettigde blou uniforms of die daarsonder!

ES ·

80% van alle polisielede is op een of ander manier met bedrog en misdaad betrokke. Die ander 20% doen hul bes, maar dit maak amper nie ‘n verskil nie.

Viva Suid Afrika…

Fontein Tannie ·

Ek onthou hoe ons polisie gerespekteer het. As jy n beampte sien het jy alles in jou kop deurdink om seker te maak jy is nie skuldig aan iets klein nie. Deesdae wonder mens of die polisie beampte daar is om jou te beroof….

melaney ·

As ek die polisieman se kenteken sien, is die woord “trots” die laaste woord in my gedagtes.

Di ·

Soos dit deesdae vir my lyk is daar meer kriminele in die Polisiediens as NIE kriminele lede nie. Lyk my die korrupte ANC het al hulle kriminele orals aangestel in poste. SKANDE

domheks ·

Is dit nou ons land se ‘trots’? Duidelik verstaan ek nie die woord ‘trots’ in die nuwe SA nie!

groenboer ·

Die polisie is skynbaar erg geïnfiltreer deur misdadige elemente. Na 2024 gaan SA straks toenemend enklawe-politiek bedryf, en ek het so gevoel in vele van hierdie enklawes sal die polisie eenvoudig nie toegelaat word nie.

Rose ·

Dit is nou as jy wolf skaapwagter maak. n Werk met voordele soos pensioen, medies ens is nie meer genoeg nie, die boewery mentaliteit kom sterk na vore. In my area, smokkel die polisie die hardste met allerlei onwettighede, en mede kollegas kyk anderpad. Die paar lede wat wel n verskil maak, maak nie hond haaraf nie.

Genis ·

Dis regtig skrikwekkend om te weet: Die SAPD is gewoonlik of was gewoonlik eerste op die toeneel…

LANA is ELANè ·

Die SAPD kyk maar net by hul baas af oor hoe selfverryking moet geskied en hulle weet die enigste voorwaarde is, sorg dat jy nie uitgevang word nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.