Polisielede, nog ander vas oor grootskaalse tenderbedrog

Argieffoto

Nog 15 verdagtes is in hegtenis geneem rakende grootskaalse tenderbedrog van meer as R50 miljoen.

Nege van die verdagtes is voormalige of huidige lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), het brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, gesê.

Die inhegtenisnemings hou verband met die toekenning van tenders om onder meer handelsmerke op polisievoertuie aan te bring.

Die verdagtes is tussen Vrydagoggend en Saterdagmiddag deur ʼn geïntegreerde span, wat uit lede van die nasionale kommissaris se taakspan en die nasionale vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat bestaan, in hegtenis geneem.

Die span het aanvanklik sewe polisiepersoneellede by kantore in Silverton in hegtenis geneem, gevolg deur twee afgetrede kapteins by hul onderskeie huise. Die verdagtes sluit onder andere in vier junior bestuurders met die rang van kaptein, ʼn adjudant-offisier en vyf administratiewe klerke. Die ses burgerlikes wat in hegtenis geneem is, is óf verskaffers óf verbonde aan verskaffers. Nog ʼn verdagte word gesoek.

ʼn Totaal van 31 verdagtes is nou reeds in verband met die saak in hegtenis geneem. ʼn Totaal van 16 verdagtes is op 4 Junie in hegtenis geneem, insluitend ʼn afgetrede polisiegeneraal, senior en junior polisiebeamptes asook verskaffers.

Die 15 verdagtes wat oor die naweek in hegtenis geneem is sal Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en diefstal. Die beskuldigdes sal dan weer op 29 September saam met die ander 16 verdagtes verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan ·

Wie gaan oorbly in die polisie net enkeles ( julle weet wie) en dan Bheki Celebrety want hy is onaantasbaar.

Persheks Adri ·

Genade nee en dan soek hulle 400% verhoging! Aikona ne

Jakes ·

Daar is al gegis dat indien jy 50 % van die polisiemag oranjepakke sou aantrek dat die misdaadsyfer waarskynlik met 50% sou afneem. Wonder hoe na aan die waarheid hierdie stelling werklk is gegewe die feit hoeveel van hulle misdaadrekords het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.