Polisielid ook vas na vyf transitorowers doodgeskiet is

Foto: SAPD

Die huis waar vyf transitorowers Woensdag doodgeskiet is, behoort aan ʼn polisielid.

Bheki Cele, minister van polisie, het tydens ʼn besoek aan die toneel in Klippoortjie aan die Oos-Rand gesê die polisielid is een van die verdagtes wat in hegtenis geneem is. Die ander verdagtes is onder polisiebewaking in ʼn hospitaal opgeneem.

Vyf rowers is doodgeskiet nadat ʼn skietgeveg tussen hulle en die polisie uitgebreek het. “Een van hulle is op die dak van die huis dood. Hy het as ʼn skerpskutter opgetree om die ander verdagtes te beskerm.”

Foto: SAPD

Daar word vermoed dat nog verdagtes daarin kon slaag om te ontsnap aangesien op drie voertuie beslag gelê is. Die voertuie is glo vroeër vanjaar in afsonderlike voorvalle in Springs, Midrand en Boksburg-Noord gekaap.

Daar is ook op vier ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie asook ’n onbekende bedrag geld beslag gelê.

Volgens Cele het die polisie geweet van die beplande aanval op die vangwa en kon hulle vinnig reageer.

Die transitorowers het die oggend op ’n geldwa in Dawn Park in Boksburg toegeslaan en dit beroof. Hulle het die voertuig aan die brand gesteek en met ’n onbekende bedrag geld van die toneel gevlug. Die polisie het hulle na die huis nagespoor waar die skietgeveg uitgebreek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Kokerboom ·

Daar is metodes om inligting oor ontsnaptes uit oorlewende rower te kry. Polisie moet dit toepas anders gaan oorblywende rowers vers dood en verwoesting saai

Kiepie ·

Net omdat iemand op ‘n dak sit met ‘n geweer maak dit nie van hom ‘n skerpskutter nie.

johanf ·

Dalk nie ń “skerpskutter” nie…..maar hoekom op ń dak lê met ń vuurwapen…….
tydens ń skietgeveg…….?

Flip ·

Hy het gedink hy is n skerpskutter na hy te veel flieks gekyk het….

Pieter J ·

Kiepie ek stem saam. Ek sal nie graag duer hierdie “skerpskutter” beskerm wil word nie.

Termiet ·

Ek verstaan nie? Die hoedman het gese al die saps word streng gekeur?

Strandloper ·

Mmm….volgens hulle waardes wat net mooi niks is nie!

Casper ·

Weereens ‘n polisielid wat by ‘n ernstige misdryf beteokke was maar Edelagbare Cele beskuldig boere van rassisme .Hy was mos destyds as kommisaris afgedank weens korrupsie toe word hy minister.Hierdie polisielid sal darem seker tot kolonel bevorder word.Plaas Cele landelike veiligheid opskerp on voedselsekerheid re verseker.

Frank ·

Daar word mos gesê dat SAP se reaksietyd die vinnigste in die wereld is. So te sê altyd oombliklik op die toneel wanneer ‘n misdaad gepleeg word…

JohanR ·

Moet ‘n lekker oor en weer oorlog wees, as dit polisie is wat op polisie skiet met polisie wapens. Wat gebeure dan met die “interne ondersoek?” Ondersoek die goeie polisie die slegte polisie, of die slegte polisie ondersoek die goeie polisie? Soos met die ANC…..krimineel ondersoek krimineel!

Strandloper ·

Almal soek dan saam na die wannebe cowboy se dooie perd en brand dan nog n huis of 10 af…

Zombie ·

Kwalifiseer die lid nou vir ‘n verhoging en bevordering?

Hennie J ·

Nee, nee, nee, beslis nie n verhoging of bevordering nie. Die lid sal wel bes moontlik herontplooi word na die parlement of ten minste die provinsiale regering!

Cornelius ·

BEEE aanstelling. Daar word duidelik geen reëls meer gevolg by die aanstelling van polisie beamptes nie. Hoe beveg jy misdaad as die misdadigers polisie lede is? Dit klink al hoe meer soos die Mafia.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.