Polisieman neem glo eie lewe ná voorval met dienspistool

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: SAPD)

ʼn Oos-Kaapse polisiebeampte het glo sy eie lewe geneem kort nadat sy neef ook dieselfde pistool gebruik het om sy lewe te beëindig.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het die tragiese voorval laat Saterdagaand in Fort Gale in Mthatha afgespeel.

Die 35-jarige konstabel, wat aan die Mthatha-blitspatrollie verbonde was, het saam met sy neef en hul vriendinne by die polisiebeampte se huis gekuier.

“Die 20-jarige neef het in ʼn stadium uit die huis gestap waarna ʼn skoot gehoor is. Almal het uitgehardloop en die neef buite teen ʼn muur met ʼn kopwond aangetref. Hy het homself glo met die beampte se dienspistool geskiet.”

Die polisiebeampte was volgens ooggetuies in ʼn toestand van paniek en het sy dienspistool gevat en homself om die lewe gebring. Albei is op die toneel dood verklaar.

“Die presiese omstandighede rakende die voorval word ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Harley Davidson ·

Polisie lede moet hulle vuurwapens inhandig na hulle skofte ,so wie is nou hier skuldig?

Aai ·

So hoe beskerm jy jouself as die elemente vir jou kom kuier wat jy ‘n week tevore toegestuit het?

Mieke ·

Dis baie waar, maar ai, jy sit nie jou wapen waar enige iemand daarby kan kom nie!!??

Aai ·

Sal jy daai werk doen en sonder wapen na huis gaan waar jy weet die verdagtes wat jy so rukkie terug gearresteer het jou familie en jouself kan kom vermoor?Dit is ‘n baie tragiese voorval dit kon met enige persoon gebeur het wat nie in die polisie is ook???

Harley Davidson ·

Mense ons praat hier van die Suid-Afrikaanse polisie waar die helfde nie eers weet hoe n wapen werk nie ,die departement wat verantwoordelik is vir die meeste voorvalle waar wapens verloor word.Ek stem saam die LAPD ja maar definitief nie die huidige saps nie hulle is ‘n risiko alreeds wanneer hulle aan diens is so wat nog as hulle van diens af is.

Aai ·

Dit is baie hartseer en ja was ook in SAPD geen polisieman gaan sy dienspistool in ‘n kluis sit hy moet altyd beskikbaar wees omdat hulle lewens in gevaar is,net jammer sy neef het geweet waar hy hom weggesteek het .Sterkte daar aan die families.

Danie ·

Die wapens van polisiebeamptes moet ingehandig word na diens beeindiging dit sal die gebruik in misdaad stop.Het 100% in die jare 80 en terug gewerk.Daar word nou meer wapens en ammunisie verloor of deur beplande misdaad verloor.

Aai ·

Hoor wat jy se daai jare her gereg geseevier nou weet die beskuldigdes waar die polisiebeamptes bly en word nie skuldig bevind so hoe verdedig die polisiebeampte homself na ure?

Miena ·

Soos enige ander SA burger wat nie n wapen het nie. Na ure is hy nie n beampte aan diens nie hy is n gewone burger soos die res van SA.

Delia ·

Miena, ek dink dis ook presies die probleem. Om n SAPD lid te wees is n 24 uur beroep. Bedoelende as jy op n misdaad afkom, behoort jy nie jou gesig weg te draai soos n Jan Publiek sal doen nie.

Delia ·

Danie. Die speelveld was heeltemal anders in die jare 80’s. Sommige beleide wat daardie tyd gewerk het, kan nie vandag werk nie.

Skappie ·

So jammer. Sterkte aan altwee se families, deur hierdie moeilike tyd wat vir julle voorle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.