Polisieman steel glo by Transnet

(Foto verskaf deur die Valke)

Konstabel Dumisani Khumalo (32) van die Sabie-polisiestasie in Mpumalanga, bly saam met sy medebeskuldigdes Bongani Shabangu (43), James Mathebula (42) en Masonwabi Mabokwe (38) in aanhouding. Hulle het Donderdag in die Graskop-landdroshof verskyn op aanklag van diefstal, die besit van gesteelde goedere en skade aan noodsaaklike infrastruktuur.

Die groep is Woensdag deur veiligheidspersoneel by Graskop, Tweefontein, in hegtenis geneem.

“Inligting is van Phoenix Security ontvang oor verdagtes wat Transnet-spoorwegstawe by Graskop, Tweefontein oplaai,” sê kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke).

“Die verdagtes is by die toneel op heterdaad betrap terwyl hulle die stawe op voertuie gelaai het. Die polisie is in kennis gestel en die saak is na die Valke se eenheid in Nelspruit, wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek, oorgeplaas.”

Die verdagtes het in die hof verskyn en die saak is tot 16 Februarie uitgestel vir ʼn formele aansoek om borgtog. Hulle bly in aanhouding.

Genl.maj. Nico Gerber, provinsiale hoof van die Valke, het die publiek gemaan om nie noodsaaklike infrastruktuur te beskadig nie. “Dit dompel die ekonomie in ʼn verwoeste toestand.” Hy het staatsamptenare gewaarsku dat “niemand bo die wet verhewe is nie”. “Enigiemand wat misdaad pleeg sal vervolg word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Prikkie ·

Enigiemand behalwe sekere voormalige presidente is nie bo die wet verhewe nie.

Eugene ·

Eks het reeds kommenttaar gelewer. Hoedman moet hom onmiddelik fire. Daars geen vertroue in die sapd nie.

Andries MT ·

Hoedman moet saam hom gaan , lack of training van sy kant af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.