ʼn Polisiebeampte wat nie aan diens was nie, is Maandagaand tydens ʼn rooftog by ʼn supermark in Kempton Park aan die Oos-Rand doodgeskiet.
Kapt. Doniah Mothutsane, ʼn Gautengse polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê drie gewapende mans het omstreeks 18:30 op die supermark in Pretoriusstraat toegeslaan en die klante aangehou.
“Die 48-jarige adjudant offisier, wat by die Tembisa-polisiestasie gestasioneer was, is tydens die aanval twee keer in die maag en twee keer in die bobeen geskiet,” het Mothutsane gesê.
Die aanvallers het gevlug met R5 000, 30 bokse sigarette en lugtydkoepons.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Die gevoel om na ‘n inkopiesentrum of restaurant te gaan het verander van op jou gemak na bewus te wees wat om jou aangaan.
Ek het weereens tot die besef gekom toe ons as huisgesin Sondag by ‘n restaurant was, om party plekke liefs te vermy al is dit gevestig in ‘n gegoede buurt.
Ek het ook gevind dat ‘n langer dankgebed met meer intensiteit geskied wanneer dié plekke veilig verlaat word.
Dit laat ook, nie-so-gelowiges bid soos die aangerande oumens wat deur haar tuinier gevind was.
Vader, laat ons bid en bly bid vir die herstel van hierdie land en nie sal moed verloor nie.
Amen.