Polisieman, vier ander in hof oor koperdiefstal

Argieffoto

Argieffoto

‘n Polisiebeampte en vier ander mense het Maandag in die Phalaborwa-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklagte wat met koperdiefstal verband hou.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê konstabel Clarance Nkuna, Benjamin Peter Ndlovu, Dazy Ndzeni, Phatudi Malatji en Calvin Ngobeni is op borgtog van R2 000 elk vrygelaat.

Die saak is tot 13 Augustus uitgestel. Mulaudzi sê die vyf is Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle die Foskor-myn se perseel wou verlaat en koper ter waarde van meer as R80 000 in hulle besit gevind is.

“Die konstabel het in ‘n gemerkte polisievoertuig gery saam met die ander vier toe hulle voorgekeer is.” Die koper is gevind en die mans is in hegtenis geneem.

Nkuna word intussen ook intern deur die polisie aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

Ai – Ek wonder of hier enige eerlike polisieman in hierdie land is ?!

Canned Phantom ·

@Theresa, Ja daar is nog baie, maar jy moet hard en ver soek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.