Polisieman, vier gevangenes sterf in ongeluk

(Foto: Paramedics, SAPS and Firefighters South Africa/Facebook)

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag ná ’n motorongeluk in Corlett-rylaan in Waverley, Johannesburg, wat die lewe van ʼn polisiebeampte en dié van vier gevangenes geëis het.

Die ongeluk het Maandag omstreeks 16:15 plaasgevind.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polisiewoordvoerder, sê die bestuurder van ʼn Ford Ranger-bakkie het beheer oor die voertuig verloor te midde van ʼn padwoede-voorval met ʼn ander voertuig.

(Foto: Paramedics, SAPS and Firefighters South Africa/Facebook)

“Die bakkie het gevolglik teen talle ander voertuie gebots, waaronder ʼn polisievoertuig, wat gevangenes van die hof vervoer het. Daar was agt manlike en twee vroulike gevangenes in die polisievoertuig,” sê Nevhuhulwi.

Drie van die manlike gevangenes, een vroulike gevangene en die bestuurder (’n polisiebeampte) is op die toneel dood verklaar.

“Verskeie mense het beserings opgedoen, onder meer die bestuurder van die bakkie. Hy is na ʼn hospitaal geneem.”

Volgens inligting was daar altesaam vyf voertuie in die ongeluk betrokke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

S ·

“agt manlike en twee vroulike gevangenes” en ‘n dubbel kajuit polisie voertuig. Ek wonder waar het almal gesit? Almal op die agterste sitplek of die agterste gedeelte van gevangene wa kon moontlik af gekom het in die botsing. Ek weet nie. Steeds, twee vroue en agt manlike gevangenes saam, word mans en vrou nie apart gehou nie? Seker irrelevant vir sommiges, ek wonder maar net.

Perdeby ·

Kalmeer die voertuig het n canopy op gehad. Dit is af geruk met die slag, of verwyder om by die beseerdes uit te kom.

S ·

Kalmeer? Daar moet ook altyd daai een wees, ne?
Gaan lees tog net weer my plasing “seker irrelevant vir sommiges, EK WONDER MAAR NET”

Johan ·

Niks met 4×4 te doen nie. Dubbelkajuit = 5. Ek veronderstel die mans was agter in en die 2 vrouens waarskynlik geboei op die agter sitplek van die dubbel kajuit.

JohanR ·

Na ek groot geskrik het na ‘n onderonse met ‘n ander ou waar hy probeer het om my kar raak te ry, en my van die pad af te ry, se ek nou maar net jammer ou maat en “smile en waai” Wil nie my lewe verloor agter ‘n stuurwiel nie oor ietsie wat ek of ‘n ander beastuurder dom gedoen het.

Miena ·

As oud-Klerk van die Hof maak dit vir my ook nie sin dat die SAPD voertuig so baie gevangenisse vervoer het nie. Wanneer hulle van of na n aanhouding-sel vervoer word is dit veronderstel om met n groterige genoeg vangwa te wees wat hulle elkeen hul eie sitplek met gordel het en vasmaak gespe plek vir die hand of voet boeie. Wanneer dit ATP Prisoniers is dan vervoer DKD hulle. In beide gevalle – gewoonlik – was daar n gevolg (escorting vehicle) wat saamgery het. Maar nou ja daar is mos redes hoekom dinge gedoen word soos dit gedoen word heedendaags. Jammer oor die SAP lid en sterkte aan sy familie.

Danie ·

Totale agteruitgang van die sogenaamde polisie.Alles wat hulle aanraak verander in ………

Delia ·

Dankie. Ford Ranger…padwoede…oorsaak van ongeluk. Dit kon ek of jy gewees het wat nou dood was

Delia ·

Hou asb op om net in die SAPD vas te kyk. Wat van die bestuurder in die Ford Ranger en padwoede en ek kan my kop op n blok sit, daai een met die padwoede was een van “ons” ek sien daagliks hoe ry die manne jou xan die pad af asof jy nie bestaansreg op die paaie het.

S ·

Ons kyk nie net in die SAPD vas nie, ons wonder regtig oor die vervoer van die gevangenes. Dit is absoluut tragies en die skuldige padvark moet vervolg en gestraf word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.