Polisiemanne by Koffiefontein-stasie doodgeskiet

Argieffoto: Phillip Bruwer

Twee polisiebeamptes, albei 32-jarige konstabels, is deur die loop van Woensdagaand by die Koffiefontein-polisiestasie in die Vrystaat doodgeskiet.

“Toe polisiebeamptes wat op patrollie was omstreeks 04:00 vanoggend teruggekeer het na die stasie, het hulle hul kollegas se liggame in die aanklagkantoor aangetref,” het brig. Motansi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, aan Maroela Media gesê.

Een konstabel is in die kop geskiet, en die ander een in die kop en rug.

Makhele het gesê gerugte wat die ronde doen dat die polisiestasie beroof is, is onwaar.

“Een van die slagoffers se dienspistole is wel vermoedelik gesteel.”

Hy het gesê die motief en hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was, is in dié stadium onbekend en word ondersoek.

“Die polisie ondersoek twee sake van moord asook ʼn saak van gewapende roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

ʼn Volskaalse ondersoek is van stapel gestuur wat onder meer die Valke insluit.

Die konstabels is as Obert Boitumelo Mekoa en Mzonani David Manjo geïdentifiseer.

Genl.maj. Moeketsi Sempe, die waarnemende provinsiale kommissaris van die Vrystaat, het sy innige meegevoel met die families van die oorledenes betuig. Hy het onderneem dat die polisie onverpoos gaan werk om die misdadigers aan te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
Carl

2de stasie, in 2dae, hierdie begin vir my lyk na “hits” dalk konsatbels wat nie corrupt is nie

Jeannette

O ja, Maroela Media – waar in SA is Kofiefontein? Ek weet van ‘n KOFFIEFONTEIN in SA, maar nie van ‘n Kofiefontein nie.

marous

Die polisie is oorweldig . Misdaad is koning en die regering het nie ‘n saak daarmee nie.

Kay

Wonder??? Ek weet nie van enige nie korrup polisiemanne nie ..lees net oral van hulle vat afkoopgeld ….doen nie hulle werk nie . Lieg en steel .. hier in ons omgewing ..soek hulle gedurig afkoopgeld …trek mens onnodig af as jy laat ry …(by gese nie omdat jy wil nie maar oor siek moeder). . Stop iemand jy sien hulle staan met daardie persoon langs die pad .. as jy weer sien is hulle agter jou en hulle deur siek jou kar …krap oral ..dreig jou …laat jou half uur in die koue staan buite jou kar …ek het net… Lees meer »

Johan Briedenhann

Baie dankie vir die nuus wat laat of nooit gelees kan word. Met verwyding na rassistiese aanmerkings op sosiale media, was daar berig in een koerant van mense wat na die Knysna brande in hegtenis geneem is maar daar is verder niks terugvoering daaroor nie.