Polisiestasie loop deur onder rowers

Argieffoto: SAPD

Die Valke doen ’n beroep op die publiek om met enige inligting na vore te kom rakende ’n voorval vroeër vandeesmaand waartydens ’n polisiestasie in Windsorton in die Noord-Kaap beroof is.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het Vrydag in ’n verklaring gesê die Valke is op die spoor van vier mense wat kan help om die roofsaak op te los.

’n Wit Audi A3 met ’n Botswana-registrasienommer het op 2 Oktober omstreeks 22:30 voor die polisiestasie stilgehou waarna vier verdagtes vuurwapens op polisielede aan diens gerig het. Die verdagtes het die polisielede vasgebind voordat hulle met twee R5-gewere, vier 9 mm-pistole en ammunisie op die vlug geslaan het.

Later sou dit bekend word dat die voertuig vroeër die aand by ’n vulstasie in Jan Kempdorp weggejaag het sonder om vir brandstof te betaal.

Volgens Ramovha was dieselfde voertuig omstreeks 02:00 die volgende oggend by nóg ’n gewapende roof betrokke. Dié keer by ’n BP-vulstasie in Virginia. Een slagoffer is in dié rooftog gewond en verskeie ander van hul persoonlike besittings beroof.

“Ons glo dat Zwichanaka Mbaisani Dabie (39), ook bekend ​​as ‘Godfrey’, ’n Botswana-burger, kan help om lig te werp op wat tydens bogenoemde rooftogte, waaronder die een by die Windsorton-polisiestasie, gebeur het,” sê Ramovha.

Enige inligting rakende die voorvalle kan by lt.kol. Dolf Louwrens by 082 331 4700 of kapt. Riaan Baardman by 071 481 3093 aangemeld word. Inligting sal vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Michael P ·

Nou as die polisie nie eers hulle self met vuurwapens aan hulle sy kan beskem nie hoe moet hulle die publiek beskerm .Hoe belaglik kan jy kry. IS DIE POLISIE BEAMPTES OPGELEI ?????

links ·

net 4 teen hoeveel konstabels en hoor range regtig . Weet hulle nie hoe werk n sneler nie dis n grap 2 de poliessie staasie roof tog wat ek van weet regtig

Alida ·

Waar in hierdie lewe laat SAPD lede toe om vasgebind te word!!!

Irene ·

Geen wonder hulle maak net wat hulle wil kry nie swaar straf nie

Marius ·

Hier by ons het die polisiestasie armed response. Nie seker of dit ADT of Chubb alarms is nie.

Narre ·

Die 5/20 vraestel “student” sal seker se dit is agv apartheid.

Steve ·

Daar was ‘n tyd toe SA die beste polisie in Afrika gehad het.
Huidige polisie kan kan hulself nie eers beskerm nie, hoe wil hulle die publiek beskerm?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.