Polokwane-moord: Geen borgtog vir beskuldigdes

Hettie (links) en Lizette (regs) Deacon (Foto: Facebook)

Vier persone het Vrydag in die Polokwane-landdroshof in Limpopo verskyn in verband met die moord op Lizette Deacon (55) en haar ma, Hettie (79).

Advance Hamidi (31), Casper Motau (37), Lazarus Mahalo (41) en Sophie Mmako (51) staan tereg op twee aanklagte van moord, huisroof en ontvoering.

“Die verdagtes se aansoek om borgtog is van die hand gewys en die saak is tot 3 Desember 2020 uitgestel vir verdere ondersoek,” het kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê.

Mmako was die twee vroue se huishulp.

Maroela Media het vroeër berig Lizette en Hettie is op 10 September in hul huis in Welgelegen aangeval. Hul liggame is die aand laat in hul motor langs die R37 by die Kushcke-afrit, buitekant Polokwane, gevind. Hulle is laatmiddag ontvoer nadat daar by hul meenthuis in Welgelegen ingebreek is. Albei vroue was vasgebind en het verskeie meswonde gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mieke ·

Ek jy dink jou huishulp is lojaal as sy ‘n paar jare vir jou gewerk het…

JohanR ·

En dis hoekom ek my eie huiswerk doen, en ‘n tuindiens kry vir die tuin. Geen huishulp of tynhulp toegelaat nie. Ek spaar geld, en miskien my en my gesin se lewens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.