Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het sedert vroeg Vrydagoggend “tegniese probleme” ondervind wat daartoe gelei het dat duisende begunstigdes van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) nie vandag hul geld kon trek nie.
Die Poskantoor sê in ʼn verklaring hierdie probleem het veroorsaak dat ʼn aantal begunstigdes nie Vrydag hul toelaes by kitsbanke en sekere kleinhandelaars kon trek nie.
Johan Kruger, woordvoerder van die Poskantoor, sê in verskeie gevalle is die bedrag wat begunstigdes wou onttrek wel van hul rekening afgetrek, maar die geld is nie deur die kitsbank uitbetaal nie. Hy het beloof dat die Poskantoor die fout sal regstel en dat die geld Saterdag beskikbaar sou wees aan almal wat hierdeur geraak is.
“Ons het om verskoning gevra aan al die begunstigdes vir die ongerief en ons tegnici werk tans op die perseel om die probleem op te los,” het Hannes van der Merwe, waarnemende besturende direkteur van die Poskantoor, gesê. Hy sê hoewel Sassa se betaalstelsel gestabiliseer het, is hulle steeds op hul hoede omdat die hoë volume van Sassa-onttrekkings dalk die stelsel se werking vir die res van die dag kan beïnvloed.
Volgens die Poskantoor ondersoek hulle die moontlike redes vir die stelselfout sodat die probleem nie voortaan herhaal word nie.
Lizette Geldenhuys Jonker se 80-jarige ma was een van dié wat nie vandag geld kon trek nie. “Wat nou van die derduisende mense wat nie hierdie naweek kan eet nie? Dit is maandeinde,” het sy gesê. Sy sê Sassa se verklaring is baie vaag en hulle weet nog nie hoe die “gemors” reggestel word nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
In hierdie wereld, is daar geen rekenaar wat nog ooit n fout gemaak het ni!
N rekenaar voer slegs di opdragte van sy programeerder uit – altyd 100% korrek, selfs tot 128 desimale plekke, al is dit verkeerd programeer, of di genruiker se inset, ni korrek ni…
Is dit nou duisende of ‘n aantal? Sassa is ‘n nagmerrie wat ‘n plek gesoek het om te gebeur en toe kies hulle weer die regte een; diè keer die poskantoor waar ander se eiendom of wegraak of te laat afgelewer word. En Kersfees kom.
Dis nou die 2de agtereenvolgende maand wat dit gebeur. Kon hulle nie al laasmaand die fout uitgesorteer het nie?
Hierdie is nog net die begin, die regering se geld is lankal op. Alles word nou met lenings betaal, en hulle kry nie meer lenings nie.
Snaaks dat die verskoning nie was, dat die pensioengeld “in die POS “is nie!