Potch-ongeluk eis 5

(Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Vyf mense is Dinsdagmiddag dood en agt beseer tydens ʼn ongeluk op die N12 tussen Potchefstroom en Fochville.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê drie motors was in die ongeluk betrokke. Pasiënte het oral op die toneel gelê met paramedici se aankoms.

“Twee mans, in twee afsonderlike motors, was in die wrakke vasgekeer. Twee ander mans het buite die motors gelê. Al vier mans het reeds aan hul beserings beswyk. Niks kon verder vir hulle gedoen word nie en hulle is dood verklaar.”

Agt ander pasiënte is deur paramedici behandel. Een persoon was in ʼn kritieke toestand terwyl sewe geringe tot matige beserings opgedoen het.

Die persoon, wat kritieke beserings opgedoen het, is na ʼn hospitaal geneem maar het aan sy beserings beswyk. Die ander pasiënte is na verskeie hospitale in Potchefstroom geneem vir verdere behandeling.

Plaaslike owerhede is op die toneel en stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Marius ·

Daar is altyd iemand wat soos ‘n imbesiel ry en dan ly onskuldige mense daaronder.

Wim ·

Ek het gisteraand daardie pad vanaf JHB na Potch toe gery en weer laat gisteraand terug gery. Dis skrikwekkend om te sien hoe party mense jaag. Sperstrepe en die spoedbeperking word net geignoreer.

Andries ·

Daar was geld opsy gesit om die roete ‘n dubbelbaan te maak, maar die geld is net weg. Hierdie sterftes moet voor die deur van die minister geplaas word en hy moet in hegtenis geneem word vir minagting van sy werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.