Premier pleit vir veiligheid van honde, mense

(Foto: Cape of Good Hope SPCA)

Sefora Ntombela, premier van die Vrystaat, het ʼn pleidooi gerig aan honde-eienaars in die provinsie om die veiligheid van hul diere en inwoners waar hulle woon.

Twee noodlottige honde-aanvalle is kort ná mekaar in die Vrystaat aangemeld.

Olebogeng Mosime, ʼn agtjarige graad 3-leerder aan die Roseview Primary School, is op 12 November in Bloemfontein deur die bure se hond aangeval en doodgebyt. Hy is 18 November ter ruste gelê.

Keketso Saule, ʼn driejarige, ʼn Sondag in Hennenman deur twee pitbulls verskeur. Die voorval het omstreeks 09:30 in Sekoti-Mpate plaasgevind.

Tydens Mosime se begrafnisdiens het die adjunk-burgemeester van Bloemfontein, Mapaseka Mothibi-Nkoane, gewaarsku dat munisipale wetgewing versterk sal word om soortgelyke voorvalle te voorkom.

Ná dié aanvalle is 49 pitbull-terriërs in die Vrystaat reeds by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) afgegee, sê Ntombela. Hy versoek alle honde-eienaars om seker te maak dat hul diere nie enige gevaar inhou vir die samelewing nie.

“Ek is ontsteld oor die berigte van die honde-aanvalle wat tot dusver reeds twee kinders se lewens geëis het in die provinsie. As groter sorg aan die dag gelê is, sou dié kinders se lewens gespaar kon word.”

Sy sê dit is ook kommerwekkend om te sien hoe eienaars met die honde in die strate loop sonder ʼn leiband. “Ek doen ʼn beroep op alle honde-eienaars, veral met die pitbull-ras, om baie meer versigtig te wees. Mense is absoluut vreesbevange vir hierdie honde.”

Sy word bemoedig deur die woorde van Mothibi-Nkoane dat honde-eienaars van volgende jaar af ʼn lisensie moet hê. “Hopelik sal diegene wat nie aan dié wette voldoen nie, swaar gestraf word.”

Intussen het die vakbondfederasie Cosatu versoek dat ʼn verbod op alle pitbulls geplaas word.

“Cosatu is besorg oor die getal kinders, werkers en individue wat deur pitbulle aangeval en in sommige gevalle doodgemaak word,” sê woordvoerder Sizwe Pamla. “Dit is ʼn probleem en verg die aandag van regeringsowerhede.”

Pamla sê die vakbondfederasie ondersteun die Sizwe Kupelo-stigting se petisie wat vra dat eienaarskap van pitbullterriërs in Suid-Afrika verbied word.

“Pitbulls word oor talle generasies geneties geteel vir hul geneigdheid tot geweld. Dit het gelei tot ʼn bedryf van onwettige telers en hondegevegte-sindikate wat in sommige gebiede deur bendes bestuur word. Talle lande het reeds ʼn verbod geplaas op die ras. Nou moet Suid-Afrika ook volg. Dit is nodig om kinders, werkers en die groter samelewing te beskerm.”

Aktiviste vir pitbull-terriërs sê egter ʼn verbod op pitbulls is nié die antwoord nie en dat agterplaastelers en onverantwoordelike, onkundige eienaars eerder gekeer moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Delia ·

Ek raak so kwaad. Kyk die meegaande foto. Vasgemaak aan n ketting en maer. waar moet hy sy besigheid doen..in sy hok. Soms is mense se gedrag net so onmenslik. En lyk na so n dierbare hond

Annabel ·

Hierdie is so belaglik , maak enige hond, dier of mens so vas. Honger hom ook uit en kyk watse reaksie jy sal kry. Niks of Niemand verdien om so behandel te word.

Ek wens ook dat alle media uitsprake rakende die aanvalle op mense net die volle waarheid ook sal bevat en nie net sensasie skep en klem lê op alles behalwe die feite nie.

Nico ·

Honde eienaars kyj nie na hul diere nie, die foto is ‘n sprekende voorbeeld. Die honde word soms opgelei om aggressief te wees vir die sogenaamde honde gevegte, die erwe is swak omhein, laat die hekke oopstaan, in werklikheid is die eienaars die skuldiges en moet gestraf word. Daar is gereeld honde wat in die strate rondloop.

Nico ·

Enige hond sal aggressief word as hulle geterg word, dis gewoonlik kinders of mense wat naby die heining verbyloop, het ‘n Jack Russel egkruis met ‘n worshond wat ‘n uitsekende waghond is.

Erika ·

Dit is geen lewe vir enige hond, maak nie saak watter honde ras nie, hierdie hond is hopenloos te maer, en daardie hok is te klein, ek verpes ‘n ketting om ‘n hond se nek, dit hoort nie so nie!!

Duidelik is hierdie hond op hierdie foto te maer, ek sien nie water of kos nie!

Onaanvaarbaar.

Delia ·

Daar is darem n skoon bak water links voor die hok. Dalk deur SPCA daar geplaas

Christine ·

Dit is verskriklik hoe sommige mense hulle honde behandel. Vasgemaak aan bome, met geen kos of water, dan praat ons nie eens van honde gevegte waarvoor hulle gebruik word nie. Die wreedheid van die mense is ontstellend. MAAR, stenig my as julle wil, ek is skeitbang vir ‘n pitbull. Die manier waarop hierdie honde se oë mens opsom, laat my in my skoene bewe. Lisensies is ook nie die antwoord nie.

Lillian ·

Daar is sekere mense in die samelewing wat liefs verhoed moet word om troeteldiere aan te hou, en hierdie een in die foto se “baas” is een.

Christelle ·

Het enige iemand gaan inkyk hoe die honde groot gemaak is? Daar is geen ordentlike heinings wat die honde binne hou nie. Dit is baie hartseer van die kinders wat hulle lewens verloor het, maar die volwassenes is meer skuldig as die hond. n Hond doen soos hy of sy geleer word.

LANA is ELANè ·

Dit is nie die honderas nie, dit is baiekeer mense se skuld dat hierdie gruwelike aanvalle gebeur.
In baie gevalle gebruik mense die honderas in onwettige hondegevegte waarop geld verwed word, baie wreed en brutaal, dan verwag mense dat die honde vir mense moet lief wees.

Johan ·

Hierdie honderas het ook toegeneem omrede mense hul lewens en eiendom wil beskerm omrede Suid-Afrika se geweld so skrikwekkend is. Ek stem ook saam met alles wat julle reeds genoem het. Kyk na jou diere, hulle is soos kinders in die huis, of in elk geval in my huis. As jy ‘n hons reg hanteer sal hy jou met sy lewe beskerm, maar sal ook nie net sommer enigiemand byt nie, slegs wanneer hy voel sy eienaar (familie) is in gevaar – net my beskeie mening.

piet ·

Die enigste oplossing is om hierdie tipe honde uit stedelike gebiede te verban soos in baie ander lande wat met dieselfde probleem sit.

Delia ·

Piet, ek wens so ons kan sekere tipe mense soos vrot slegte eienaars ook uit die land verban

domheks ·

Ek ken iemand wat in die dorp bly. Hulle het ‘n pitbull. As die mense in die straat verby loop, gooi die jong kinders die hond met klippe. Wat verwag jy moet more gebeur as die hond al haat opgebou het vir daai kinders? Laat mens wonder wie die skuldiges is!

Dandeleen ·

Ons het twee pitties, my honde is liefdevol en goed met ons kinders. Ons bly in die dorp en het nou al alles gesien van mense wat met hulle hondjies loop en teen ons heining kom staan (Dit maak my honde mal en hulle weet dit) tot kinders wat deur die heinings ons honde tart. Dan wonder mense hoekom honde agresief raak. My honde word ook nie saans buite gelos nie, hulle slaap al van baba tyd op ons bed, dit is deel van ons familie. Ek verstaan die vrees, regtig ek doen, maar nie almal van hulle is dieselfde nie en nie elke Pitbull eienaar is dieselfde nie. Alles in hierdie lewe gaan oor liefde en respek en dit is dieselfde waar dit by enige hond kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.