President ontken inmenging in Senzo-saak

Adv. Malesela Teffo. (Foto: Twitter / Malesela Teffo)

Die presidensie van Suid-Afrika sê hy weerlê die “valse aantygings” deur adv. Malesela Teffo dat die presidensie agter sy beweerde teistering en gevolglike besluit skuil om hom aan die Senzo Meyiwa-moordverhoor te onttrek.

Teffo, wat vier van die vyf beskuldigdes in die voormalige sokkerster se moordsaak verteenwoordig, het Dinsdag in die hof aangekondig dat hy hom aan die saak onttrek.

Teffo voer aan dat ʼn plan in pres. Cyril Ramaphosa se kantoor bedink is, en sê daar is besluit dat hy ʼn “problematiese advokaat” is wat met dié plan inmeng.

Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê dat Teffo se bewerings as “skadelik vir die aansien van die kantoor van die president” beskou word.

“Die presidensie neem nie deel aan strafregtelike ondersoeke of verhore nie, en is geensins by die beweerde teistering van adv. Teffo betrokke nie.”

Senzo Meyiwa. (Foto: soccerladuma.co.za)

Die SABC het Teffo se aankondiging Dinsdag in die hof opgeneem en dié video-insetsel is sedertdien wyd op sosiale media gedeel.

Volgens Teffo sluit die sogenaamde plan in dat sy kliënte die verantwoordelikheid vir Meyiwa se moord moet aanvaar, ten spyte daarvan dat hulle onskuldig is.

Benewens die presidensie het Teffo ook beweer dat hy deur die hof en polisie geteister word.

Hy het ook na sy vroeëre inhegtenisneming in die Pretoriase landdroshof op aanklag van aanranding en onwettige betreding verwys.

Teffo het Dinsdag in twee onderskeie inskrywings op sy Twitter-profiel gesê dat die “dreigemente op sy lewe net erg is” en dat Suid-Afrika se regstelsel “soos ʼn sirkus” is.

 

Die presidensie sê in sy verklaring Teffo moet as professionele persoon in die regsgilde weet hoe belangrik dit is om bewyse te lewer wat enige uitsprake teenoor ʼn individu of instelling staaf.

“Die presidensie ondersteun die waardes van ons Grondwet en koester die beskerming, veiligheid en geregtigheid vir almal.”

Maroela Media het vroeër berig dat Teffo glo ʼn ooggetuie het wat sal kan getuig dat die sangeres Kelly Khumalo, wat destyds met Meyiwa in ʼn verhouding was, die sneller van die vuurwapen getrek het waarmee Meyiwa in 2014 doodgeskiet is.

Die staat voer aan dat Meyiwa tydens ʼn rooftog doodgeskiet is. Die vyf beskuldigdes is in Oktober 2020 in hegtenis geneem en word onder meer van moord met voorbedagte rade en roof met verswarende omstandighede aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Waarnemer ·

Verblydend om te sien wie self erken dat die huidige regering n sirkus is….soveel narre in hierdie sirkus daar is geen diere nodig nie.

domheks ·

Altyd ONSKULDIG!! Ek glo nie meer ‘n woord war cANCer se nie!

marius ·

Dat die regstelsel ‘n sirkus is , weet almal . Dat daar elke dag uit die boonste gestoeltes gelieg word weet ons ook . Niks in hierdie hool is onwaarskynlik nie .

Watsenaam ·

Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê dat Teffo se bewerings as “skadelik vir die aansien van die kantoor van die president” beskou word. Shame, en wat van al die ander beweerde misdade teen die president. Ek dink die president is nie so onskuldig soos sy kantoor se hy is nie.

Samuel ·

Enigiets is moontlik in Suid-Afrika. Daar is seker nie een eerlike persoon in die ANC nie.

Jack ·

Wonder saam met wie slaap kelly want duidelik word hier wal gegooi

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.