Pretoria, Johannesburg, Potch se water besmet

mikroplastiek

Mikroplastiekbesoedeling in waterbronne is ‘n groeiende bekommernis wêreldwyd. Foto: Oregon State University/Flickr.com

Navorsers het aansienlike hoeveelhede mikroplastiek in die kraanwater van Pretoria en Johannesburg gevind.

Die mikroplastiek is ook in riviere in Gauteng en boorgatwater in Noordwes gekry.

Terwyl daar reeds omvangryke navorsing gedoen is oor die invloed van mikroplastiek in die see en seediere, is daar nog min te wete oor die gesondheidsuitwerking wat dit op mense kan hê.

Die bevindinge van die studie, wat navorsers aan die Noordwes-Universiteit in opdrag van die Waternavorsingkommisie gedoen het, is vroeër vandeesweek uitgereik. Dit is een van die eerste navorsingstukke oor die vlakke van mikroplastiekbesoedeling in vars water in Suid-Afrika.

Rivierwater is in Januarie en Februarie 2017 in 43 plekke in die Vaal-, Mooi- en Wasgoedspruitriver in Gauteng en die Noordwes-provinsie getoets. Al die monsters het mikroplastiek bevat. Grondwater uit vier boorgate in Potchefstroom is ook vir die navorsing aan die begin van 2018 getoets.

“Ons is reeds bewus plastiek is oral. Dit was nie vir ons ʼn skok om dit in hierdie waterbronne te vind nie en dit het eintlik maar net bevestig wat ons reeds vermoed het,” het Carina Verster, navorser en medeskrywer van die verslag, gesê.

Volgens Verster is die hoeveelheid mikroplastiek wat die navorsingspan in riviere gevind het egter tien keer meer as wat hulle in die kraanwater en grondwater opgespoor het.

“Die mikroplastiekbesoedeling in die Vaalrivier is besonder hoog. Die besoedelingsvlakke in dié betrokke rivier is vergelykbaar met Europese riviere soos die Seine en Ryn.”

Hoewel die uitwerking van mikroplastiekbesoedeling op die mens nog nie heeltemal vasgestel is nie, meen Verster daar is tog rede tot kommer: “Mense het oor die jare aangepas om partikels in water te verwerk, maar toksiese chemikalieë kan ʼn mens se liggaam saam met mikroplastiek binnedring en moontlik op ʼn sellulêre vlak opgeneem word.”

Dit is veral chemikalieë soos die insekdoder DDT wat aan plastiek kan vasklou en geabsorbeer kan word.

Verster verduidelik dat mikroplastiek hoofsaaklik twee bronne het. “Sommige skoonheidsprodukte bevat mikrokorrels. Suid-Afrika behoort hier die voorbeeld van lande in die Europese Unie te volg en ʼn verbod op mikrokorrelgebruik te plaas. Daar is genoeg natuurlike alternatiewe wat eerder in die produkte gebruik kan word.”

Dit is egter die mikroplastiek wat van groter plastiekprodukte afkomstig is en vesels wat van plastiekagtige tekstiel afbreek wat die ergste besoedeling veroorsaak.

Verster het bygevoeg dat nog meer opnames landwyd gedoen sal moet word om te bepaal wat die volledige prentjie van mikroplastiekbesoedeling in Suid-Afrika se varswaterbronne is.

Die navorsers glo die moontlikheid moet ondersoek word om rioolwerke in die toekoms aan te pas om mikroplastiek te verwyder.

Verster beoog ook binnekort ʼn meer volledige studie oor die Vaalrivier, waar die ergste besoedeling van mikroplastiek voorgekom het, om te help bepaal presies waar in die rivier dit die ergste besoedel is.

“Ek wil ook die sediment van damme bestudeer en probeer vasstel wat die grootste bron van plastiekbesoedeling in die rivier is en of die besoedeling uiteindelik in die see beland of in die grond opgeneem word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

13 Kommentare

Paul ·

Dan sien ek elders daar word ook berig dat tot 70 visse het sedert Dinsdag op die rivier se oppervlak buite Parys begin dryf. Krappe, visvangers en selfs kolganse is blykbaar slagoffers van die besoedeling soos dit die voedselketting besmet. Inwoners van Parys en oewerbewoners het ook ’n WhatsApp-groep, Vaal Ramp!, gestig. Die inwoners beoog om regstappe te doen, hulle sê dit is nou hul lewenstaak om die rivier te probeer red.

Ella ·

Jaa vertrou die mens om alles wat goed en mooi gemaak is tot in die op te dons. En ons doen dit met oorgawe en sonder om te dink.
Ek het New Zealand vakansie gehou en twee dames daar het begin navraag doen oor wat in gesigskropseep is wat so krap: mikroplastiek. Kosmetiekfirmas maak groot geld en moet verantwoordelikheid aanvaar vir baie van die mikroplastiekbesoedeling.
Stadig maar seker bewerkstellig ons ons eie ondergang in hierdie plastiekgedrewe samelewing.
Wat van gebottelde water en haal watersuiweraars wat in jou huis geinstalleer word mikroplastiek uit?
Verban ALLE plastiek maak nie saak waarvoor dit aangewend word.

Ben ·

Dink nie jy kan Mikroplastiek uit kook nie maar kan heelmoontlik uitgefiltreer word.

Joe ·

Geen wonder gisteraand se sop het soos plastic geproe…….op n erenstige noot kyk op youtube en soek vaalrivier, gister is video gepost oor die besoedeling – dis regtig nie n grap.

Johanna Botha ·

Hoe sal met dit kan voorkom met mense wat so plastiek en rommel strooi in SA …elke sigaret stompie wat uit n venster gegooi word is plastiek …en wat n walglike gewoonte ! So die storie verbaas my gladnie …kyk net hoeveel plastiek is n die bome en plategrooi langs reviere …veral in die Centurion area en ons betaal nogal ekstra op ons rekening vir ”refuse removal / city cleaning ” …..maar kyk hoe lyk dit !

LouE ·

Hoe groot is die goed? Kan ek dit sien of het ek ‘n mikroskoop nodig? Opvolg artikel asb.

Alles plastiek ·

Ja alles wat van plastiek gemaak is moet verdwyn en dit geld ook vir jou flat screen tv en cell fone en inkopie sakke en printers en plastiek brille en op nuwe karre se plastiek bumpers en ag so kan ek aangaan en wie sal van dit alles ontsla raak om n beter en gesonder lewe te he.
Nee ons sal nie want ons kan nie meer sonder plastiek nie.

John ·

… en ons nuwe droomleiers wil nou rioolwater suiwer en dit aan ons afsmeer. Rou afvoerwater word lankal vir groentetuine gebruik en die sonnetjie bak lekker die gifstowwe uit die plastiekbrokkies wat weer opgeneem word deur die groente. Baie siekes gaan nou die nuwe mediese bedeling tot sy uiterste toets en raai wie gaan die skuld kry vir alle siektes vanuit plastiekrommel… Ou Jan en die baie plastiekbottels wat sy skepe so rondom die Kaap oorboord gegooi het en die lui setlaarboere se rommelhope vol strooitjies en babadoeke.

marous ·

Water is die bron van alle lewe , en dit is opgefoeter deur die onaantasbares. Nog ‘n sukses verhaal vir cr en sy pelle….

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.