Pretoria-polisiebeampte by padblokkade vas

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiebeampte is Vrydag by ʼn padblokkade in Pretoria in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld by motoriste geëis het.

Volgens Sontaga Seisa, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), is die 38-jarige konstabel by ʼn padblokkade op die R80-Mabopane-snelweg in hegtenis geneem nadat Opod inligting ontvang het dat beamptes omkoopgeld eis van motoriste.

Die beampte is deur lede van die Padverkeersbestuurkorporasie (RTMC) se teenkorrupsie-eenheid en Opod in hegtenis geneem.

Volgens die RTMC het die beampte omkoopgeld van R200 van ʼn motoris geëis wat nie ʼn permit kon vertoon volgens die landwye afsonderingsregulasies nie.

Die beampte het hom glo hewig verset teen inhegtenisneming, maar is uiteindelik in hegtenis geneem nadat bystand ontbied is. Hy is tans by die Akasia-polisiestasie in aanhouding.

Die beampte wat aan die Silverton-blitspatrollie verbonde is, sal na verwagting Maandag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn op aanklag van korrupsie. Hy kan moontlik ook aangekla word van verset teen inhegtenisneming en regsverydeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Maritha ·

Ons het nie sulke beamptes nodig nie. Ontslaan hom. Baie mense verloor hulle werk in hierdie tyd. Hy verdien virseker nie sy job nie. Tata boetie

Jan ·

As die sap iortree moet hulle name bekend gemaak word . Hulle moet in die pebliek verneeder word. Of ons moet n muur van skande op die been bring. Hulle mane daarop skryf

Nie Verbaas ·

Snaaks dat buurt en plaaswagte nie toegelaat word om te funksioneer nie maar amper daagliks hoor mense van polisie wat in hegtenis geneem is vir een of ander onwettige bedrywighede. Wonder of die oom met die hoed nog so vol vertroue in sy mensies is of is dit Jan van Riebeeck se skuld?

Sonneblomkind ·

WOW… Maar DIE LEDE IS DAN GEKEUR. Hy moet soos al die ander hof toe.. mie SAPD hof nie . Hy moet maar ook ander werk soek. om te dink ons moet ons lewens in hulle hande he

Jr ·

U weet net so goed so ek wat is die enigste keuring vereiste. Dit is of u voorheen benaadeel is of nie

Fedup ·

No worries. The mad hatter will definitely pardon his brother.

Kiewiet ·

Susan, Op die einde van die episode gaan jy nog die virus dank. “Mark my words” Wag maar en sien. Julle wat kan, gebruik julle verstand en bly veilig

PieterP ·

Ou hoedeman is stiller en stiller vandat sy gekeurde manskappe so gearresteer word

netekalleen ·

Ons polisie en verkeers beamptes kan soos niks omgekoop word nie, solank jy net genoeg omkoop geldjies het. Die “beskermers” is korrup

Pieter J ·

Hierdie polisielede dink dat omdat ministers en ander hoës wegkom met hul skemstreke kan hulle dit ook doen. Ongelukkig vir hom gaan niemand hom beskerm teen vervolging soos wat die ANC hoĕs mekaar beskerm nie. Kyk net hoeveel kriminele sit nog in hoĕ poste by die ANC ten spyte van wat reeds by verskeie kommisies omtrent hul doen en late aan die lig gekom het.

Vriendelike Frikkie ·

Kan iemand die nommer plaas van OPOD? Lyk my hulle reageer as jy bel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.