Pretoriase kinderhuise dié Kersfees sonder subsidies

Jakaranda-kinderhuis sien om na sowat 230 kinders op sy terrein in East Lynne, Pretoria. (Foto: Jakaranda Liggiefees/YouTube)

ʼn Somber Kersfees staar sowat 350 kinders in die gesig nadat die staat glo versuim het om die Jakaranda‑ en Louis Botha‑kinderhuis se subsidies te betaal.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling se halfjaarlikse subsidie is glo nagenoeg 60 dae laat en dit het albei dié Pretoriase kinderhuise in ʼn haglike finansiële situasie laat beland.

Boonop verwag die kinderhuise om ook die nuwe jaar met desperaatheid te betree, aangesien daar geen hoop is dat die subsidies betaal gaan word nie.

“Tans is ons nie in staat om te verseker dat daar in die basiese behoeftes van kinders voorsien word of om basiese uitgawes en salarisse te betaal nie,” sê Charlene Grobler, hoof- uitvoerende beampte van albei kinderhuise.

Dit is onduidelik waarom die uitbetaling van die subsidies sloer, maar Maroela Media het ʼn navraag daaroor aan die departement gerig.

Die betrokke kinderhuise versorg altesame 344 kinders tussen die ouderdomme van drie en 18 jaar. Die kinders word by die kinderhuise geplaas nadat hulle deur die hof uit hul ongunstige omstandighede verwyder is.

“Hier bied ons ʼn tuiste waar hulle terapie en mediese sorg ontvang,” sê sy.

Die subsidie wat gewoonlik van die departement ontvang word, dek ongeveer 50% van die behoeftes van hierdie kinderhuise en bly ʼn broodnodige bron van inkomste.

Grobler is egter bevrees dat die kinderhuise nie ná 60 dae se versuim ʼn sent van die beloofde subsidies sal sien nie.

“Ons het dringend geld nodig om salarisse te betaal en onder meer kruideniersware, kos, toiletware en skoonmaakmiddels vir al 29 huise te koop. Daarom het die Jakaranda‑kinderhuis ʼn Kersfees-noodfondsveldtog van stapel gestuur.”

Mense wat die kinderhuise wil bystaan, kan R20 per SMS skenk. Lede van die publiek kan hul name na 40308 SMS. Die Jakaranda-kinderhuis se webblad kan ook gebruik word om ‘n bydrae te lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

JM ·

Terwyl die kaders hulself dik eet oor die Kerstyd en nie ‘n snars omgee vir hierdie kinders nie!!

Antie Sarie ·

Nope. En dit gaan nie verander nie. SO laat die kerke ingryp

Tredoux ·

Kerke betaal nie belasting nie om hierdie tipe werk te doen. Kom ons gee hulle die kans.

Hennie ·

Dit het tyd geword dat belastingbetalers hul belasting ook so weer hou! Swetters

piet ·

Dit word seker outomaties verhaal van die beskikbare kredietbalans op jou foon (gekoppel aan jou selnommer) soos wanneer jy aan ‘n kompetisie deelneem.

Nicky ·

Maar wat is die nommer, want die nommer wat hul gee werk nie

Mariana ·

Asof hierdie kinders nie al genoeg is hul jong lewens verduur het nie. Maar ja die regering gee nie snars om vir niemand behalwe hulself nie. Hulle kinders en kinders lewe nes hulle in weelde. Hoekom dan nou hulself verwerdig om hul werk te doen en die kinderhuise se subsidies te betaal…of is daar nie meer geld nie?

Jacques ·

Maroela Media, maak asseblief die voorstel aan die bestuur om ń GoFundMe te stig, sodat ons in die buiteland ook kan doneer!

Ronel ·

Ek sê liewer net niks – maar ek kan dink wat ek wil. ????????????????????????????

Antie Sarie ·

Met die Musk inplanting kan hul dalk sien wat jy dink

Papsak ·

NEE WAT SAL DIE KADERS WORRIE HULLE MOS RYK EN BESTE VAN ALLES SO DAAI KINDERTJIES WORRIE HULLE NIKS

domheks ·

Een of ander kader het weer geskep. Sommer uit die kinders se monde!

H.A. ·

Die geld is in die staat se diep sakke. As die kinders blank is, is dit nie ñ verrasing nie. Ons sal daaraan moet dink om belasting terug te hou, sodat ons vir al die blanke organisasies te onderhou.

Danie ·

Jy kan nou maar eenvoudig net nie staatmaak of hulle enigsins vertrou nie.Kyk wat het hulle met Esedemi of wat ook al gedoen.As ek maar net kon se wat ek wil.

Markus ·

Gee liewer ʼn bank rek. no anders kry die selfoon maatskappy ook weer ʼn deel

Anel ·

Die regering se lede kan afstand doen van 3 maande se sslaris. Hulle kry in elke geval alles verniet

skurweberg ·

Die van ons wat meer ontvang het as wat hulle nodig het, om van te lewe het of besit, het nou ‘n rede om te help, sodat hierdie instansies kan oorleef. Die hele beginsel van rentmeesterskap behoort nou in perspektief gesien te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.