Pretorius wil pleit, staat sê ‘nee’

Argieffoto van Corrie Pretorius in die Groblersdal-landdroshof. Tania Heyns/Maroela Media)

Corrie Pretorius het onlangs weer vlugtig in die landdroshof op Groblersdal verskyn waartydens sy regspan voorstelle rakende ’n moontlike pleitooreenkoms ingevolge artikel 105A van die Strafproseswet gemaak het.

“Die staat wil egter in dié stadium nie voortgaan met ’n pleitooreenkoms nie,” sê Josef van Eeden, Pretorius se regsverteenwoordiger.

Van Eeden sal nou in die komende weke met sy kliënt “oor die pad vorentoe” beraadslaag voordat Pretorius weer op 7 Oktober in die beskuldigdebank moet inskuif. Die staat sal na verwagting dán ook sy posisie aan die hof stel.

Pretorius word strafregtelik vervolg nadat hy en ’n tienerseun (16) in Junie vanjaar in ’n stryery by ’n kitskosrestaurant op Groblersdal betrokke geraak het. Pretorius word daarvan beskuldig dat hy die seun aangerand en ’n vuurwapen op hom gerig het.

Hy is onlangs ná byna drie maande in aanhouding eindelik borgtog toegestaan nadat die landdroshof aanvanklik borgtog geweier het en Pretorius hom tot die hooggeregshof gewend het.

Maroela Media het vroeër berig dit wil voorkom of die tienerseun Pretorius dié betrokke aand uitgelok het.

Volgens ’n verklaring van ’n klant van Fat Cake City, waar die voorval hom afgespeel het, was die tienerseun en sy vriende die aand dronk. Die tieneurseun het glo kos uit Pretorius se kosbestelling probeer neem voordat hy op Pretorius geskree, hom gevloek, gedreig en sy vuurwapen by hom probeer afvat het.

Lees al Maroela Media se berigte rakende die saak hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Pieter ·

Skandelik dat hierdie man so gehanteer word terwyl die kind as ‘n engel behandel word, alhoewel sy handelinge tartend en gevaarlik is. Uiters subjektief en rassisties. Die man verloor inkomste, moet ‘n berg geld aan regskoste betaal en kry dalk nog ‘n kriminele rekord. Lyk my jy moet jou draaie fyn beplan om nie in so opsetlike gemors te beland.

Dries ·

Moet hierdie suurstofdiewe nie eerder in hegtenis geneem word nie.

Mieke ·

Maar Malema mag skote afvuur in die publiek sonder enige nagevolge..

domheks ·

Sorry boet – jou velkleur is nie reg om borgtog te kry nie. Was dit anders kon jy R500-00 betaal en vry wees.

Miena ·

Nou koekom word hierdie inligting nou eers bekend gemaak na die hele tyd (Fat Cake City)???

Koos 100 ·

Selfde het met die KFC storie by Kolonade gebeur. Maande na die tyd het die ware feite eers uitgekom.

Wielspore ·

Die saak het nog nie in die hof voorgekom, die staat is besig bewyse en getuies op te spoor voor daar ‘n hof datum is. Die beskuldigde wou buite die hof skik, skuldooreenkoms. Persoonlik dink ek die beskuldigde gaan lig daarvan afkom en dit is die tydverloop wat hom opvreet.

SjN ·

Dubbele standaarde, daar kom die waarheid nou uit vir sy optrede teenoor die dronk tiener, hoop geregtigheid geskied.

Swerwer ·

Kry Pretorius bitter jammer, hy moet net moed hou, geregtigheid sal seëvier. Ongelukkig trek ons met wit velle altyd aan die korste ent want die wesens het mos die reg om te maak net soos hul wil.

Harley Davidson ·

Ons trek nie altyd aan die korste ent nie ons aanvaar net alles oor ons bangbroeke en lafaards geword het.

Windhond ·

Dis siek dat hy nie eens borg kon kry nie – selfs nou dat bewys kan word dat hy homself teen die klomp drek wou beskerm word hy sy reg ontse tot n spoedige verhoor – sies man!!

JohnnyS ·

Ja ne – dit is nou die nuwe ding, borg aansoeke word vir sommige (wit) mense uitgerek. En die ou storie dat hy in aanhouding moet bly vir sy eie veiligheid (ook net vir sekere mense wat die reël geld)

Vexed ·

So die rampokkers wat hom aangeval het kom natuurlik skotvry daarvan af. Te lekker.

JM ·

Haatlike skuim wat dink hulle kan maak net soos hulle wil. Onopgevoed en hulle word nie gedissiplineer nie. Antwoord sál hulle eendag voor die Groot Regter.

Danie ·

Dit maar net weer n saak teen een van ons wat uitgestel en uitgerek gaan word om hom en sy familie te straf en hom finansieel uit te roei.Dit is die staat se modus operandi.Sterkte aan pretoruis en familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.