‘Privatiseer SAUK, skrap TV-lisensies’

(Foto: Unsplash)

Skrap TV-lisensies en privatiseer die SAUK.

Dít is die kruks van AfriForum se kommentaar op die Wetsontwerp op die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie wat Maandag by die portefeuljekomitee oor kommunikasie en digitale tegnologie ingedien is.

Die burgerregteorganisasie stel hierdie twee oplossings voor vir die korrupsie, wanbestuur en verkwiste uitgawes by die openbare uitsaaier.

Ernst van Zyl, hoof van openbare betrekkinge by AfriForum, het Maandag gesê dié organisasie stel privatisering as hoofoplossing voor. Maar indien die regering die voorstel verwerp, is die alternatief om weg te doen met TV-lisensies.

“Hoe dit ook al sy, die huidige disfunksionele status quo kan nie voortduur nie,” sê Van Zyl.

AfriForum voer in sy geskrewe voorlegging aan dat privatisering die SAUK sal laat herleef en tot beter doeltreffendheid, hoër programgehalte en finansiële stabiliteit sal lei. Privatisering sal ook help om korrupsie en wanbestuur te beveg.

“Met betrekking tot die wegdoen van TV-lisensies, het AfriForum die hemelhoë koerse van ontduiking en nie-nakoming aangehaal, asook die onregverdigbare bykomende finansiële las wat dit op arm huishoudings plaas. AfriForum het ook moontlike alternatiewe bronne van finansiering ter tafel gelê, waaronder finansiering deur middel van vennootskappe, borgskappe en samewerking met privaat entiteite.”

Van Zyl sê die regering het meer as genoeg tyd gehad om die agteruitgang en droewige stand van sake by die SAUK om te keer. “Dit is tyd vir ʼn alternatief – ʼn benadering wat nie staatsgesentreerd is nie.

“TV-lisensies is ʼn bewese ondoeltreffende bron van finansiering vir die SAUK. In 2022-’23 het die ontduikingskoers van lisensiebetalings op ʼn hemelhoë 87% gestaan. Daar moet daarom weggedoen word met TV-lisensies en dit moet vervang word met ʼn alternatiewe finansieringsmodel wat waarlik werk.

“In die geval van ʼn geprivatiseerde SAUK sal TV-lisensies ook vanselfsprekend tot die verlede behoort.”

Maroela Media het vroeër berig die departement van kommunikasie en digitale tegnologieë het in Julie verlede jaar ʼn konsep-witskrif oor die raamwerk vir klank- en oudiovisuele inhoudsdienste en die veiligheid van aanlyn inhoud gepubliseer. In die witskrif word onder meer voorgestel dat ʼn omvattende hersiening van die SAUK se finansieringsmodel gedoen word om te verseker dat die openbare uitsaaier voldoende geld het om sy openbare mandaat na te kom.

Voorstelle in dié verband sluit in ʼn openbare uitsaaidiens- (PBS-)heffing wat deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ingevorder word, aangesien minder as ʼn vyfde van kykers betaal.

Dít en die voorstel van ʼn huishoudelike heffing word tans in die SAUK-wysigingswetsontwerp oorweeg.

Die departement is oortuig dat die voorgestelde wysigings die invorderingstelsel vir TV-lisensies sal verbeter en afdwingingsmeganismes en strawwe vir nie-betaling sal versterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Sandra ·

hulle skryf my aan vir ‘n agterstallige lisensie en ek het nie eers meer TV nie

Johanna Aletha ·

Ek betaal al my lewelank elke jaar my tadio en TV lisensie. Dit gaan as debietorder elke September van my bank af. Ek dink nie ek kry enige waarde wat ander nie-betalers ook gratis kry nie.
Terloops, ek is 77 jare oud!!!

Johanna Aletha ·

Ek betaal al my lewelank elke jaar my tadio en TV lisensie. Dit gaan as debietorder elke September van my bank af. Ek dink nie ek kry enige waarde wat ander nie-betalers ook gratis kry nie.
Terloops, ek is 77 jare oud!!!
Nee, dis my enigste kommentaar. Hoe kan daar duplisering wees?

Christo ·

SAUK sal nie `n sent uit my kry nie. Ek kyk nie hulle kanale/programme nie, dus gebruik ek nie hulle seine nie. Waarvoor moet ek iemand betaal as ek nie hulle diens gebruik nie. SAUK kan maar hulle deure toemaak.

Kuver ·

Sabc moet n betaal kanaal word, waar die wat hulle gemors wil kyk n dekodeerder moet aanskaf en dan maar maandeliks moet betaal, lisensie betaal probleem opgelos

Gerhard ·

Ek sal nie ‘n TV lisensie uitneem nie, aangesien ek al baie baie baie jare gladnie SABC kyk nie en ek stel geensins belang nie. Ek betaal vir my “stream” kanale en daarop is meer as genoeg om te kyk.
Die kanale wat deesdae op SABC is, is in elkgeval nie vir “ons” mense nie, of so hoor ek.
Net nog iets wat die cANCer tot niet gemaak het met hulle stelery.

Danie ·

Wie kyk nog tv. Ek kyk nie. Ek is n afrikaner. Wil advertensies sien van afrikaners en nie waar wit en swart saam in die bed spring nie.

SwartBees ·

Ek betaal seker +/-20jaar geen tv lisensie nie. Ek het GEEN behoefte wat die SABC my keel wil afdruk en nog minder ‘n behoefte wat dstv bied.

Puik plan om sabc te privatiseer, kyk gerus na ‘n kwaliteits stromings opsie en ASB verander die naam.

Jaco ·

Ek het 8 jaar laas iets op SAUK gekyk, maar nog steeds jaarliks lisensie betaal. Kry dit nie gekanselleer so by bank die debiet order gekanselleer, sal nou kyk of dit werk

koos10 ·

Beter plan. Maak hulle toe. Gaan baie geld spaar. Tot Multichoice kry deesdae swaar weens kleiner wordende betalende kykers.

PersHeks ·

Het in 2022 my lisensie gekanselleerd gekry (wonder-bo-wonder)…sal nooit weer vir hulle die kans gee om my geld te vat vir iets wat nie die moeite werd is nie.

Yolandie ·

Hoekom sal ek ‘n tv lisensie uitneem vir ‘n diens wat ek nie gebruik nie. Kyk al jare TV net niks die afgelope 26 plus jare wat op enige SABC kanaal is nie. Ek het ‘n media boks waarop ek self kies wat ek wil kyk, en dit werk baie goed vir my.

Janine ·

Kyk al meer as 15 jaar nie tv, maar ELKE jaar kry ons daai verdomde sms. En ons betaal maar, want anders word jou naam swartgesmeer. Ook mooi keelvol!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.