Proses begin om SAL met nuwe lugdiens te vervang

Foto: Maroela Media

Daar is met ʼn proses begin om die beleërde Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) met ʼn nuwe herstruktureerde lugdiens te vervang wat as vlagskip vir Suid-Afrika kan dien.

Volgens die departement van openbare werke het minister Pravin Gordhan en werknemers van die SAL met ʼn “dapper proses” begin waarvolgens ʼn leierskapspakt tussen al die rolspelers onderteken is. Volgens die pakt is al die partye verbind tot ʼn nuwe benadering waar erken word dat daar ʼn geweldige verandering sal wees ten opsigte van ʼn prestasiegebaseerde kultuur vir alle vlakke van leierskap, bestuur en werknemers terwyl die oorgang na ʼn nuwe lugredery plaasvind.

Die SAL se sakeredders het vroeër aangekondig dat daar net twee opsies is vir die lugredery, naamlik om die lugdiens te sluit of om dit te likwideer. Dit het gekom nadat die regering aangedui het dat daar nie meer geld aan die lugdiens toegeken sal word nie.

Die nuwe lugredery moet volgens Gordhan absoluut daarop fokus om internasionaal mededingend te word ten opsigte van veiligheid, gehalte en koste. “Buitengewone tye verg buitengewone maatreëls.”

Gordhan het gesê midde die Covid-19-storm en die gepaardgaande ekonomiese onsekerheid, is ʼn nuwe gewaagde benadering nodig indien Suid-Afrika enigsins ʼn kans wil staan om belangrike lugvermoë en handelsverbindings deur ʼn strategiese nasionale bate wil behou.

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan (Foto: Ntswe Mokoena/GCIS)

Die minister het streng tydlyne daargestel vir die ontwikkeling van die sakereddingsplan sowel as parameters ten einde te bepaal watter paadjie die ou SAL kan volg. “Die oorgang na die nuwe lugdiens gaan dalk opofferings, pyn en swaarkry tot gevolg hê vir almal wat betrokke is. Die leierskapsforum erken dat hulle ʼn verantwoordelikheid het om die uitdagings te versag deur ʼn reeks maatreëls, insluitend voorkeur herindiensneming, heropleiding en ondernemingsontwikkelingsgeleenthede, in te stel.”

Die departement en vakbonde werk volgens Gordhan aan ʼn sakemodel vir ʼn nuwe nasionale lugdiens en hoe dit gedoen kan word ten einde mededinging te verseker in veiligheid, gehalte en koste.

Die bedoeling is om ʼn lugredery te skep wat ʼn katalisator is vir beleggings, werkskepping in sleutelsektore en ekonomiese groei. “En om dit te doen deur ʼn lugredery te ontwerp wat befonds word deur ʼn verskeidenheid opsies soos strategiese ekwiteitvennote, befondsers en die verkoop van nie-kernbates en waar die partye steeds van mening is dat die staat moet voortgaan om ʼn rol te speel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Burgermeester ·

Net omdat jy ‘n boef ‘n ander baaidjie laat aantrek, maak jy nie van hom ‘n dominee nie. So al wat ons super skelm regering doen is om geld in ‘n nuwe bodemlose put te gooi, maar in plaas van SAL, gaan hulle dit iets anders noem. Pfffffft!

Boortor ·

Hulle kan nie die gans wat die goue eiers le laat vrek nie! Wat het ons anders verwag? Ek se ook pfffft!

Frans ·

En da gaan al die geleende geld om SAL net onder n ander naam aan die lewe te hou dis n ou triek in busnes

Jessey ·

In my opinie le die sleutel van die artikel in die woorde “Voorkeur Herindiensneming”, ek vermoed ons gaan hierdie “move” by ‘n paar ander staatsinstansies sien. Maar moenie vrees nie, daar sal Konsultasie werk gedoen moet word. Sien die geleenthede, moenie vaskyk in die “doom en gloom” nie, dis hoe dinge gestruktureer word om mense se moed te breek. Sien die geleenthede

JohanR ·

Iemand moet dit se…..daar sal nie meer wit mense aangestel wood nie? Waaneer laas het iemand ‘n wit gesig in ‘n advertensie op tv1,2,3 of etv gesien? In ons huis speel ons “spot the white” waaneer ons tv kyk. Dit is hoe ons kinders “spot the Transvaal number plate” gespeel het waaneer ons van Rhodesie met vankansie een maal ‘n jaar gekom het.

Nie Verbaas ·

ANC, julle kon tot nou toe geen instansie maak werk nie. Asseblief, se ons net dat die huidige bestuur is almal uit anders verander dit net in nog n verleentheid van wanbestuur en plundering.

Boortor ·

Kan nie glo wat ek lees nie!! Nog n bodemlose put net met n ander naam!? Nee wragtag….nou weet ek nie meer nie. Nooit gedink die unies het soveel mag nie. Maar nou ja….met n klomp kommuniste in beheer is enige iets moontlik. Gelukkig kan ek nie bydrae nie want ek is nou werkloos. My put is droog.

Martie Smartie ·

Ja nee mors n paar miljard op die nuwe ene, verf alles oor en na 20 jaar duik hierdie een ook. Gordhan behoort te weet hierdie is n vrugtelose uitgawe. Kan hy bewys dat hulle wins gaan maak. NEE

Burgermeester ·

Martie, jy is baie positief om die nuwe lugredery 20 jaar te gee. Ek gee dit 5 omdat ek in ‘n baie vrygewige gemoed is vandag!

Jaco ·

Gaan die wit vlieëniers weer werk kry by die “nuwe” lugdiens?

daniel ·

Natuurlik, die vlug ingenieur sal wit wees en so ook die mede vlienier.

Rudolph ·

“The definition of insanity is doing the same thing over and over again and expecting a different result.” – Albert Einstein

Philip ·

Al staan julle op julle koppe en fluit Nkosi Sekilela deur julle tone sal ek nie van enige SA lugdiens gebruik maak nie.Ek het onlangs met EMIRATES oorsee gevlieg wat n plesier al het dit betekendat ek op DUBAI moes oorklim en dit n langer vlug was.

Fedup ·

I never knew stupidity is a qualification. I mean really. What the hell will they call this new cow? These people cannot sail, but they keep jumping to the next sinking ship.

Rodger17 ·

Ou vrot lugdiens met n nuwe naam!Dink gordhan en sy anc en vakbond clowns hulle gaan dit maak werk om net die naam te verander?Ek stel voor die nuwe naam moet,Banana China airways wees want dit gaan nie lank hou nie,net soos china crap wat jy koop nie lank hou nie.Wie gaan nou die CEO wees,want elke ceo van die people wat aangestel was in die verlede het die lugdiens geplunder tot waar dit nou is!Sterkte,maar ek stem saam die sakeredders daar is inderdaad net twee opsies!Bankrotskap of sluit die deure.Verkoop die vliegtuie sommer vir scrapyster!

Jannie van Niekerk ·

My goeie flip! Die OU een het nie eers gewerk nie hoe de joos verwag hulle gaan ‘n nuwe een werk? Die eerste maand wat dit in bedryf is gaan hulle weer vir Een Miljard Rand se hulp by die regering kom aanklop. Dieslefde bestuur wat die SAL in sy kanon in bestuur het gaan die sogenaamde nuwe lugdiens ook tot niet laat gaan. Aanvaar dit tog nou asb: Die SA Regerig het nie die vertstandelike vermoë om ‘n lugdiens te bedryf nie.

Rodger17 ·

Gordhan baklei nou vir sy pos!Hy sal enigiets doen om op die soustrein te bly.Ek stem met eff fire hom sommer nou dadelik!

capie ·

Seker ‘n nuwe manier om die pensioenfondse as “vrywillige beleggers” te kry en dan permanent te drein

Vriendelike Frikkie ·

Ons het in die laaste week reeds aanduiding gekry dat 4.5% van ons pensioen vanaf Mei in “plaaslike strukture” belê gaan word. So die pensioenstropery het begin.

daniel ·

Dit is n dom ding om te doen deur van die ou SAL wat ten gronde gegaan het a.g.v swak bestuur met BBEE en AA in plek onslae te raak en weer diesefde fout te begaan.
Soos om dieselfde eksperiment oor en oor te doen en te hoop op n ander uitslag.

johan ·

Dalk moet die springbok terug geverf word op die stert. Toe die stert kleure verander het, het die probleme begin.

Mieke ·

Die ANC verdien nie om weer ‘n lugdiens daar te stel nie. Hulle kon nie die ou SAL laat werk nie – hoe gaan hulle hierdie keer iets laat slaag?? Die privaatsektor verdien nou ‘n kans …..

Charmain ·

Dit klink soos die derdepartyfonds. Dit was eers die MVO fonds toe is dit bankrot, toe word dit die MMF toe is dit bankrot, toe word dit die RAF toe is dit bankrot en nou word n nuwe fonds beplan (naam nog onbekend).

Sobymykoolkop ·

Dink die regering regtig ons is dom, of gee hulle net nie om of ons nie is nie. Verduidelik groot asb vir my bankrot. Al die geld vir die ” nuwe” een gaan tog noodwendig uit die belastingbetaler se sakke kom. Vandag bankrot, môre maak ek weer oop onder ander naam, selfde onbekwames in beheer want, onthou transformasie is hulle bybel. Pravin Gordhan wat soveel aanhangers bly wat hy is. ń geswore kommunis.

Elsa ·

Née wat Gordan. Jy weet duidelik nie wat jy doen nie. Bedank eerder. Niks onder jou werk
Nie Eskom of SAL,

Daniel ·

As Richard Branson en verskeie lugvaart maatskappye nie finasieel in die lug kan bly nie hoe gaan hierdie klomp sotte dit doen Die regering moet beslis absoluut niks met die nuwe ”sic” SAL te doen he nie Ons weet mos hoe al SA se staats beheerde instellings met wanpraktyke bedrog ”performance” bonusse bedrog BEE en diefstal gesink is

daniel ·

Hierdie nuwe lugdiens gaan sekerlik dood gebore word. Mens wet nie jou geld op n dooie donkie nie.

Willem ·

Gelukkig gaan dit lank vat om n nuwe gemors in die lug te kry.

Jaco ·

Noem dit “Azania Air” en plaas sommer n paar hoenderhokke buite bo op die vliegtuig se dak vir astetiese “Afrika styl” doeleindes….wil sien wie gaan daarmee vlieg. LOL!!!!

Strandloper ·

Wonder of hy deur n weerlig straal geslaan is? Gin regdenkende mens kan so op tree nie?

Piet parys ·

Dis nie die unies wat die mag het nie . Dis om te verseker dat die regerings ministers verniet vlugte nog steeds kry . Ek sal nie verbaas wees as geen witmens enigsins werk sal kry by die lugdiens nie . So 2vlieë met een klap

Eerlik ·

Waar kom die geld vandaan? Om een sinkende skip met n volgende te vervang klink nie vir my baie logies nie. Dan kan hulle mos netsowel die eerste sinkende skip verder ingestop het en meer geld verloor het.

Niklaas ·

Dis nogal belaglik. SAL se naam verander, seker na LSA met dielfde onbevoegde besluitnemers, afdelingshoofde, groepleiers, direkteure, “geldleners” ens as voorheen. Wie dink hulle bluff hulle? En oor 12 maande is dinge presies onveranderd, maar iemand het weer baie ryker geword intussen. Ten minste gaan die vakbonde tevrede wees.

Pieter ·

Is dit nou soos ‘n besigheid wat bankrot speel en dan ‘n maand later ‘n nuwe besigheid begin. MAW almal wat deur SAL geld geskuld word gaan hulle geld verloor en presies net soos ‘n skelm sakeman word ‘n nuwe besigheid met nuwe naam geskep sodat hulle nie hulle skuld hoef te betaal?

Ander vraag, die regering het gesê hulle kan nie meer geld aan SAL gee nie. Waar gaan die geld vir die nuwe lugdiens vandaan kom? Gaan die regering dit gee? Wat is die verskil dan?

Laaste vraag, hoekom is ‘n lugdiens so belangril vir die regering? Hoekom moet ‘n regering ‘n lugdiens hê? Dit is so belangrik dat hulle bereid is om die land te laat ondergaan, maar daar moet ‘n lugdiens wees? Wat weet hulle wat ons nie weet nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.