‘Protesplakkers in reaksie op rasse-uitlatings’ – AfriForum Jeug

AfriForum Jeug sê hy het Maandagoggend plakkers by die ingange van die Universiteit van Pretoria (UP) se Hatfield-kampus geplak om die kollig te laat val op rasse-uitsluiting en die universiteit se dubbele standaarde.

Dié protesaksie volg nadat EFF-lede op 27 September wit studente verhinder het om toegang tot die kampus te kry. EFF-lede het tydens daardie voorval onder meer uitgeroep: “Only black students!”

AfriForum Jeug het reeds verskeie briewe aan die universiteit gerig waarin die deregistrasie van die EFF se studentevereniging (EFFSC) geëis word. Die universiteit het eenvoudig geweier om daarop te reageer.

“Die doodse stilte waarmee UP die briewe begroet het, het gefrustreerde AfriForum Jeug-lede genoop om ’n nuwe benadering te volg om antwoorde uit die universiteit te kry. Die plakkers is Maandag vroegoggend by die ingange van die Hatfield-kampus opgeplak,” sê Louis Boshoff, veldtogbeampte by AfriForum.

’n Reusedebat is binne enkele ure hieroor ontketen. Soos vroeër berig lui die plakkers: “Blacks only” en “No whites allowed”.

“Universiteitsbestuur het vinnig gereageer, die optrede veroordeel en met dissiplinêre stappe teen die persone wat die plakkers opgesit het, gedreig. Dis skokkend dat die universiteit so blitsvinnig en heftig reageer op ’n protesaksie teen rasse-uitsluiting op hul kampus, terwyl diegene wat hul skuldig gemaak het aan werklike rasse-uitsluiting geen gevolge vir hul optrede dra nie.”

Boshoff sê die kontras tussen dié twee voorvalle spreek boekdele.

“AfriForum Jeug sal aanhou druk toepas om toe te sien dat die EFFSC gederegistreer word en die oortreders van daardie voorval verantwoordelik gehou word vir hul optrede, aangesien die universiteit nou bewys het dat hulle wel in staat is om vinnig te reageer.

“Studente word op die Hatfield-kampus geïntimideer en op grond van hul ras uitgesluit deur die EFF se studentevereniging. Intussen was die universiteit hul hande in onskuld, maar wanneer daar protesaksie gedoen word wat hierdie gedrag uitlig, neem Tukkies blitsvinnig aksie en dreig met dissiplinêre stappe. Dié optrede is hoogs verdag.”

AfriForum Jeug nooi almal uit om hul petisie te steun by www.skorseff.co.za.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

ES ·

Jammer AfriForum jeug, maar hierdie het meer skade as goed gedoen in my eerlike opinie. Instede daarvan om ‘n punt te bewys het dit ‘n rasse-herrie op sosiale media veroorsaak.

Kom nou, ons is beter as dit – hierdie kon baie anders hanteer word?

Schalk ·

Hoe sou jy dit hanteer het? Hulle het n baie sterk punt gemaak met die plakkers. Dit is die tipe fotos wat nou die wereld ingestuur moet word. Ek sien uit na jou voorstel.

Bolandse Nooi ·

Man, partykeer moet mens goed net los. “Let go”, soos die Engelse sê. Sommige goed is die moeite werd, ander nie. Ek dink ouers en voornemende Tuks-studente moet dalk oorweeg om eerder by ‘n ánder tersiêre instansies, waar Afrikaanssprekende blankes welkom is, soos dié deur Solidariteit, gaan studeer. Die oomblik wat rassistiese instansies soos Tuks dit gaan hul sak voel (ek twyfel of één van die EFF-studente volle studiegelde betaal – kry seker net NSFAS), sal hulle dalk dinge heroorweeg.

Schalk ·

In kort stel jy voor ons buig die knie en gee oor? Dit is n briljante voorstel!! Kom ons vergeet in dieselfde asem ons demokratiese reg, dit behoort dan die probleem vir ewig op te los, so lank ons hardloop is die Kaap Hollands. Kry so lank n wit vlaggie.

John ·

Dis omdat ons goed net los, dat ons sit waar ons sit. En hoe meer jy gaan “los” hoe minder opsies gaan jy vorentoe hê

Lourens ·

Het jy die hele berig gelees, en die voorafgaande een (https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/eff-verkla-oor-rassisme-intimidasie-by-tuks/) oor die EFFSC se optrede, tesame met UP se gebrek aan optrede ?
Die rasseherrie was REEDS aan die gang, en is begin deur die EFF (soos gewoonlik). Nou het Afriforum dit net omgedraai en vir UP gewys hoe eensydig hulle optrede is. En dis hoog tyd dat ons opstaan en nie hierdie verguising heeltyd net aanvaar nie.
Ek dink jy moet dalk jou mening heroorweeg.

Jedi Knight ·

Jip ES, ek sien ook uit om te hoor hoe jy dit sou hanteer. Ons wag vir jou antwoord…..

Delia ·

ES ek stem saam. Veg goed in die hof. Hierdie tipe goed blaas haat net aan. Hoeveel mense was gister so kwaad net om vanoggend uit te vind dit was “ons” eie mense wat die plakkerd geplak het. Dit het Afriforum se beeld baie skade berokken.

Lourens ·

Delia – die howe is nutteloos. Die vlak en kwaliteit van regspraak is skrikwekkend, aangesien aanstellings op politieke gedienstigheid en rasse/geslagskwotas berus en nie meer op ervaring en bewese vaardigheid nie.

Delia ·

Lourens, ek hoor wat jy sê. Maar hierdie optrede was nie die antwoord

Lourens ·

Ek dink dit was uitstekend gedoen. Dis presies ‘n aanhaling van wat die EFF gesê het. Nou kan die EFF nie sê dis rassisties nie, want dis hulle eie woorde – soos duidelik in al die beskikbare videogrepe gesien kan word.
UP kan nie sonder om alle geloofwaardigheid te verloor een kant se optrede veroordeel sonder om tegelykertyd die ander kant ook te veroordeel nie. En hulle wil dit duidelik nie doen nie.
Optrede het gevolge – iets om altyd in gedagte te hou.

John ·

‘n Paar weke terug, toe blanke studente fiesies verhoed was om die kampus te betreë, toe was daar min wenkbroue gelig. Dit was bloot afgehak en die wêreld het aangegaan. . So die “rasse-herrie” was nodig – nou gee mense aandag.

ES ·

Ongelukkig die verkeerde aandag John, al wat nou gebeur is tugstappe teen die lede wat die plakkers opgesit het en moontlik skorsing ook.

John ·

En dan is dit tyd dat ons ons ongelukkigheid te kenne gee. Help nie ons sit op die wal en kyk hoe ons kinders deurloop, en hoop dit gebeur nie met ons nie. Want die dag wanneer dit wel met ons gaan gebeur, gaan die res ook net op die wal sit en kyk…

Grassie ·

Om studente fisies te verhoed om ‘n kampus te betree is ‘n daad van geweld. ‘n Mens het die reg om jou daarteen te verset. Om verontwaardig te wees daaroor en klagtes in te dien help duidelik nie. Ons is mos nie lafaards nie , of hoe. As hulle geweldadige konfrontasie soek, gee dit vir hulle. As elke manlike student ‘n behoorlike knuppel aanskaf en onder die geweldenaars invlieg sal jy sien hoe hardloop hulle. Die peoples is nie ‘n dapper nasie nie. Solank hulle in die meerderheid is, is hulle baie braaf maar sodra die eerste een val hadloop almal. Of het ons manne nie meer murg in hul pype nie

Patch ·

Wat as die EFF met hulle knuppels begin inspring? Sodra ons blanke jong mans begin geweld gebruik is HULLE ongelukkig die wat toegesluit gaan word, gesiene ons regstelsel. Ek is seker daarvan dat hulle nie kriminele rekords teen hul naam wil hê nie.
Ek het nie die oplossing nie, maar om geweld aan te wakker onder ons blanke jong mans is ook nie die regte manier nie. My seun is ‘n student by TUKS, ek wil nie sien dat hy geweld met geweld vergeld nie. Ek het hom beter as dit groot gemaaak.

lodewyk ·

Altwee my kinders studeer daar,ek het vir UP n epos gestuur om te vra wat hulle omtrend die saak gaan doen en my kinders se veiligheid te verseker,hulle het tot hede nog nie eers terug gekom na my nie,wys jou net dat hulle vere voel nie,gee hulle gas

Delia ·

Dis n ondeurdagte opmerking. Maar ek stem ook nie saam.met hulle optrede

Kobus ·

@Es. Stem saam. Soms is dit beter om die geveg te verloor en die oorlog te wen. Lees kommentaar elders, dan sien mens net emosie. Ons moet waak om na die vlak van EFF te daal. Oplossing, bou eie tersiêre instellings soos SolTech dan kan studente wat wil studeer wel kwalifikasies verwerf en die wat wil afbreek en brand by bestaande instellings laat begaan. Kom ons wees eerlik, die Universiteite kan nie die terrorisme hokslaan nie. Te polities

Delia ·

Jip Kobus. Ons moet die ding op n geestelike vlak veg. Maar ons laat toe dat emosies die oorhand kry.

ES ·

Stem Kobus, die hartseerste is dat die lede van AfriForum Jeug nou tugstappe in die gesig staar en moontlik skorsing ook. En ongelukkig het ‘n klomp mense op hul perdjie gespring en dadelik begin om diegene aan te val op sosiale media. Wie wen nou eintlik?

Denise ·

almal kla altyd oor apartheid en rassisme … so nou ja hier is dit nou…

Keelvol ·

UP se reaksie is skokkend. Toe die eff dit blatant geuiter het op hulle perseël was die UP doofstom. Nou wil hulle hulle monde daaroor uitspoel.

Amelia ·

wie het betaal om universiteit te bou sekerlik nie die eff nie wail als beheer maar wil niks opbou nie plaas hul eerder geld wat hul op vuurhoutjies plakkers ens mors iets bou maar nee hoekom sal hulle kry mos reeds verniet en hul “studies word betaal bly plek ens maar hul wil nog meer he ander ding wat my ook pla ons moet besef hul slaag syfer is 33% wat is ons sin so daar herken hul darm al reeds iets

Johann ·

Verstaan die frustrasie agter die aksie, maar dit gaan meer skade berokken as goed. Dis presies wat die onopgevoede anargis rooi petters soek om te reageer.

Delia ·

Presies. Die Jeug het nie gedink. Wonder of hulle die ou manne se raad gevra het.

Johanncb ·

Wow, wat ‘n swak voorbeeld van ‘n instansie waarop soveel mense staatmaak! ‘ n Openbare verskoning sal hopelik van die skade herstel!

Hendrik ·

Waarvoor moet Afriforum verskoning vra? Of praat jy van die UP wat verskoning moet vra?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.