Pta dalk gou sonder krag én water

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Gauteng se waterverbruik is hemelhoog weens die voortslepende fase 6-beurtkrag en die hitte. Rand Water doen nou ’n beroep op Gautengers om water spaarsamig te gebruik óf hulle weer te staal vir waterbeperkings.

Daryl Johnston, burgemeesterskomiteelid vir infrastruktuur en streeksbedrywighede, sê baie van die Stad Tshwane se water- en sanitasienetwerkstelsels maak staat op elektrisiteit.

“Ons waterbehandelingswerke en pompstasies het elektrisiteit nodig om te werk. Hoewel ons reservoirs se berging kort kragonderbrekings kan weerstaan, maak hierdie reservoirs staat op ’n deurlopende vloei van krag om goeie watervlakke te handhaaf en onderbrekings te kan hanteer. Daardie deurlopende vloei steun op werkende pompstasies om water te pomp.”

Johnston sê die voortdurende vloei van water word onderbreek met dié dat beurtkrag so gereeld ingestel word. “Dit beteken dat reservoirs wat onder aansienlike druk verkeer, soos hoogliggende reservoirs, se watervlak stadig verlaag totdat dit dreig om op te droog.

“Ons het ons bes gedoen om ons waterbehandelingswerke en sleutelpompstasies waar moontlik van beurtkrag vry te stel om die waternetwerk te beskerm en te verseker dat water aanhou vloei, maar dit is nie moontlik om al die waternetwerkstelsels wat elektrisiteit nodig het van beurtkrag te vrywaar nie.”

Dit beteken dat sommige hoogliggende gebiede in Pretoria, waaronder Laudium en Waterkloofrif, dalk binnekort wateronderbrekings sal ondervind sou beurtkrag voortduur.

Rand Water het Maandag gesê die waterberging in sy reservoirs het vinnig afgeneem.

“Die situasie is vererger deur verskeie kragtoevoeronderbrekings na Rand Water se stelsels oor die naweek. Die organisasie monitor nou die wateraanvraag om die integriteit van sy stelsels te beskerm.

“Indien die waterverbruik aanhou toeneem, sal Rand Water verplig word om waterbeperkings te implementeer,” word daar verduidelik.

Dit is nie die eerste keer dat Rand Water dreig om op te tree weens verhoogde waterverbruik nie.

Die watervoorsiener het in Oktober verlede jaar aangekondig dat hy self die watertoevloei na huishoudings gaan beperk, eerder as om op inwoners staat te maak om water spaarsamig te gebruik.

Fase 2-waterbeperkings is kort voor dit tevergeefs ingestel in ’n poging om waterverbruik te verminder.

Rand Water bedien omtrent 17 miljoen mense.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Truman Burbank ·

Die feit dat die situasie vererger word as gevolg van “loadshedding”, en nog steeds niks gedoen word nie, wys meer en meer dat dit doelbewus is.

Alida ·

Ek dink dis eerder totale onbekwaamheid. Hulle het nie n clue wat om te doen om die situasie te verbeter nie.

Christine ·

Hierdie word nou ‘n terroriste aanval teen basiese menseregte.

Johann ·

Op die rand van die ANC IDEOLOGIE……ANARGIE! Presies waar die mags mal bankrot comrades die land wi hê en hou.

GWS ·

Ag nee, hier gaan ons alweer! Eskom maak dit nou regtig moeilik!!!! Iets moet gedoen word en gou!

H.A. ·

Die anc is besig om almal in die land te tem of hondmak te maak. Jy moet die mense eers inbreek dan kan jy maak met hulle wat jy wil

Johann ·

Hoe bring jy n land en sy mense op hul knieë voor die “keiser en sy gepeupel”? Maklik: ontneem hulle van wat veronderstel is om basiese toegang tot funksionele dienste te wees. Kry die massas buite beheer in opstand sodat jy jou toegang tot geweldadige onderdrukking kan regverdig.

Gerra ·

Jammer as ek onsensitief klink….
Ons betaal Eskom direk omdat ons deel is van die plaasgemeenskap. Ons is OOK afhanklik van krag om water te pomp huis toe, te besproei en vir sekuriteit. Ander in ons omgewing het krag nodig om die water vanaf die tenks die huis in te kry (ons tenk werk op gravitasie). Maar ons word nie vrygestel van beurtkrag!
As ek my nie misgis het die munisipaliteit daar eskom duisende geskuld en dit maar net laat ophoop.
So hou op sanik!

Casper ·

Hoor my lied,die ministers en adjunk ministers sal groot lawaai opskop as hulle sonder water sit.dit is net Jan publiek beskore want hulle is minderwaardig in die kaders se oë.

Casper ·

Jan vR en wie is onbevoeg om sy werk te doen by miniraal en energie,ons weet almal en dit is nie André nie.

Johan ·

Dalk minder geld mors in areas waar mense nie betaal nie, dan kon ons al rugsteun gehaat het…die krag probleem gaan nie weggaan nie dit gaan net vererger, so wat gaan julle doen? Julle wil mos regeer, nou toe doen dit.

Jaco ·

Stad Tshwane en stad Kaapstad het albei waterprobleme weens beurtkrag en albei is onder “die rassistiese DA” (volgens die hoogheilige ANC) se beheer. So nou wonder ek maar net, gebruik of vererger (?) die ANC dalk beurtkrag om DA-beheerde munisipaliteite te laat swaarkry/sleglyk? Ook niks nuuts nie: dieselfde is mos maar gedoen tydens die Covid-19 pandemie.

LANA is ELANè ·

En waarom word die ANC regering se wanbestuur weereens voor die deur van die publiek gelê? Hulle weier om plan te maak met die aanhoudende beurtkrag en het nie ñ saak daarmee dat die ekonomie of infrastruktuur nie meer bestaan nie.

Pieter ·

Nou moet ons maar net weereens verantwoordelikheid aanvaar vir iemand anders se absolute onbevoegdheid. Die tou raak alhoe korter en die lyn alhoe langer.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Intussen hou Suid-Afrika (alias Mzansibabwe) militêre vlootoefeninge saam met kamerade Rusland en China! En die ANC kritiseer nie openlik die Iran-regering vir grootskaalse menseregskendings en mishandeling van vroue nie.

Nico ·

Daar is mense wat nie weet hoe om krag en water spaarsamig te gebruik nie, elke lig in ‘n huis moet brand en krane wat nie toe gedraai word nie en krane wat aanhoudend drip.

Dandeleen ·

Enige iemand wat die App op hulle fone het om te gaan kyk, doen jouself ‘n guns en kyk na Soweto se skedule. Gaan hulle ook op water beperk word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.