Pta-nooddienste waarsku oor kitsvloede

Argieffoto

Argieffoto

Die Tshwane-nooddienste is op ʼn hoë gereedheidsgrondslag geplaas nadat die Suid-Afrikaanse Weerdiens gewaarsku het dat swaar reënval moontlik kitsvloede in Pretoria kan veroorsaak.

“Swaar reënval met die moontlikheid van kitsvloede word vanmiddag in sommige dele van Gauteng, veral in Pretoria, verwag. Volgens die voorspelling sal die weerstoestande tot die naweek voortduur,” het Johan Pieterse, woordvoerder van die nooddienste, gesê.

Pieterse het gesê die nooddienste monitor die situasie in alle gebiede wat geneig is om kitsvloede te ervaar tydens swaar reënval.

“Inwoners word versoek om alle laagliggende gebiede te vermy wanneer deurlopende reënval ervaar word. Motoriste word gewaarsku om nie op paaie te ry wat heeltemal met water bedek is en waarvan die padoppervlakte nie sigbaar is nie.”

Die publiek kan noodgevalle aanmeld by 10177 of 012 310 6300/6400

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Niel ·

Hulle voorspellings is nie akkuraat nie, hier het nie eers 1 druppel reën in Pta geval vanmiddag

Co ·

Hier in Verwoerdburg het ons ook niks gekry nie, hoe op aarde kan hulle sulke voorspellings maak?

Takkie Takuuza ·

20 jaar gelede met baie minder tegnologie was die voorspellings baie beter. Hulle lieg nou soos Malema. Ek glo niks wat hulle sê nie.

Daleen Prinsloo ·

Ons het gisteraand en in die oggend ure lekker reenval gehad in die Roseville / Mayville area in Pretoria

sarie van heerden ·

Die posduif was bietjie laat want vandag, Woensdag, was hier massas water uit die lug geval en ons het BAIE water gehad en huise het oorspoel en kragontbrekings in ons Monumentpark gebied.

Phillip ·

Dagsê Sarie

In die berig (wat Dinsdag geplaas is) word genoem weertoestande word tot die naweek verwag, dus is die waarskuwing tot die naweek geldig.

Groete

Phillip Bruwer nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.