Pta-ondernemings met miljoene beboet oor krag

(Argieffoto)

Die Tshwane-metroraad het aangekondig dat hy sakeondernemings met onwettige kragverbindings met R10 miljoen elk gaan beboet.

Die metroraad het Donderdag op ondernemings in die middestad en in Pretoria-Wes toegeslaan wat herhaaldelik versuim om die metroraad vir dienste te betaal. Tydens die veldtog is dié ondernemings se munisipale dienste gestaak en onwettige kragverbindings ontkoppel.

Volgens die metroraad skuld die geïdentifiseerde ondernemings saam met een staatsdepartement die Tshwane-metroraad sowat R50 miljoen vir uitstaande waterrekeninge.

Tydens die veldtog het beamptes van die metroraad op drie eiendomme, waaronder ʼn privaat skool, ʼn haarsalon en skrootwerwe vir motors, afgekom wat onwettige kragverbindings het.

In een gebou het die elektrisiteitsverbinding van die stad se substasie gekom, en dit het krag aan twee eiendomme langsaan voorsien. Die metroraad se spanne het dadelik die onwettige verbinding ontkoppel.

“Die ondernemings met onwettige kragverbindings is boetes van R10 miljoen elk opgelê,” sê die metroraad.

Volgens Randall Williams, uitvoerende burgemeester van die stad, is veldtogte soos hierdie belangrik vir enige munisipaliteit om sy bedrywighede doeltreffend te bestuur en gehaltedienslewering moontlik te maak.

“Ek wil ook ons verbruikers aanmoedig om te betaal vir dienste wat verbruik word of alternatiewelik na vore te kom en betalingsreëlings met die stad te tref,” sê Williams.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Frank ·

R10 miljoen is belaglik vir wat klink redelik klein besighede wat waarskynlik nooit eens soveel wins sal kan maak nie of speel hulle monopolie?

Nie Verbaas ·

Duidelik vat Williams se kop nie lekker nie. As krag af is maak baie besighede nie eers geld nie maar hy poog klaarblyklik om die besighede te sluit en dan so verder tot werkloosheid by te dra. Totale idioot.

Koos 100 ·

Maar is dit reg dat ek en jy vir hulle krag moet betaal sodat hulle kan geld maak?

Lourens ·

Dis goed so. As die besigheid nie ‘n bestaan kan maak deur dit volgens die reëls te bedryf nie, het dit geen kommersiële bestaansreg nie.
En die R10 miljoen is ‘n boete vir ‘n kriminele oortreding. Dis nie bloot ‘n buitensporige tarief nie.

Johann ·

En wat van die geld wat inwoners geskuld word? Terug betaling van depositos, oorverhalings…wag al.MAANDE vir myne.

Nie Verbaas ·

Nee jy moet wag. Agbare Williams is nog nie daar nie. DA in Tshwane besig om in n uitbreiding van ANC te ontaard. Kyk net na die manier hoe hulle slaggate regmaak en mens kom vinnig agter hoe in beheer hulle van probleme is.

Eugene ·

Raak eers ontslae van beurtkrag, Dan praat ons oor betaling. As daar beurtkrag is, staan besighede, bedoeling geen inkomste. Ons uitgawes Bly dieselfde. So, ons maak self plan vir elektriesiteit. Ons sal dit aanhou doen.

Susanna ·

En dis een rede hoekom ons in die verknorsing is, almal redeneer so.

Leonard ·

Die HELE Suid-Afrika se VERBINDINGS MÓÉT ONDERBROEK word!

Nie Verbaas ·

Mooi so. Noudat die makliker teikens vasgetrek is wil ons graag sien wat meneer Williams aan die duisende onwettige konneksies in Mamelodi, Soshanguve, Attridgeville en so voorts gaan doen en gaan hy hulle ook beboet?

Pierre ·

Die regereing het gratis krag aan hulle belowe, net die suburbs moet betaal.

Aggie ·

Ja maar dan moet ons hulle weer in die 5-ster tronke onderhou !

Eugene ·

Daar word niks gedoen Soos Groot townships nie. Maklike plekke word geteiken. Weereens, ramaphosa doen nie Sy werk nie.

Nico ·

Wat gaan Eskom doen, gaan dit net by praat bly, gaan Eskom werklik die krag afsny van die wan betalers, gaan die huise en besighede deur vir onwettige konneksies maak nie saak nie die sogenaamde Reën boog nasie is almal betrokke hieraan.

honeybee ·

Ek was einde Januarie bietjie kort aan geld,R200 minder op my water rekening van R1000 betaal. 2weke later n boodskap gekry dat as ek nie onmiddelik betaal nie, hulle die water gaan afsny. So skroef maar die mense op.

Martie Smartie ·

Dis onwettig man. Waar kom die stadsraad aan hulle wetlike bevoegdheid. Klomp patete

Realis Thailand ·

Ek dink voor jy so kommentaar lewer gaaan kyk of lees eers wat die reg se
Hulle is ten volle geregtig om jou te beboet
Die is maar afskrikkingsboete
Geen hof sal aan n klein firma so n boete ople nie en die hof is maar hulle voorland
Gaan pleit jou saak sonder n prokureur

Elize ·

In Pretoria Wes is dit nag!! Ek wonder of hierdie buitelanders enigsins betaal vir hulle krag en water?
Al die strate is gepak met karre wat reggemaak word sommer op die sypaadjie. Elke huis het ‘n staal struktuur vooraan wat ‘n winkel van iets is. Vuil water loop in die strate af. Onwettige verbouings aan huise. Hulle gemors word in die Zeilerstraat kanaal gedump en langs die strate gegooi en gebrand!

Yvonne ·

Hierdie aksie moes al jare gelede ingeskop het dan was niemand in die penarie nie

Amelia ·

En verlengings kabels word oor pad gegooi vir karwas plek in oopstuk grond Nee wat ek het nie simpatie nie Pretoria wes lyk sleg oral le mense en slaap met blikke en papiere oral By transoranje en wf nkomo str ook in veld word recycleing gedoen en als net so gelos sommer met komberse plek gemaak om te slaap komberse aan boom vas gemaak Lyk regtig sleg Strat ligte brand nie Ek is bly van die moet ook nou betaal vir krag of moet ook maar afgesit word Almal moet betaal

Aggie ·

En het die wat beboet is al betaal? Ek twyfel of hulle sal betaal !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.