Die transitomaatskappy SBV het ʼn allemintige R1 miljoen as beloning aangebied vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming van verdagtes wat betrokke was in ʼn transitoroof waarin twee van SBV se veiligheidswagte doodgeskiet is.
In ʼn verklaring op sy webwerf sê die maatskappy die voorval het Vrydag in Tsolo, naby Mthatha, in die Oos-Kaap plaasgevind.
“Twee wagte is tragies doodgeskiet terwyl hulle aan diens was. Die bestuurder van die voertuig is ongedeerd, maar ʼn onbevestigde hoeveelheid geld is gesteel,” lui die verklaring.
SBV het bygevoeg dat die maatskappy nou met die polisie saamwerk in die ondersoek. “Ons bied ʼn beloning van R1 miljoen aan vir inligting wat kan lei tot die suksesvolle inhegtenisneming en vervolging van die aanvallers betrokke in die voorval.”
SBV het bevestig dat berading aan kollegas en familie van die oorledenes aangebied word.
Kapt. Edith Mjoko, woordvoerder van die polisie, het Saterdagoggend aan Maroela Media bevestig dat niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem is nie.
Volgens Mjoko word daar beweer dat die verdagtes ná die aanval te voet van die toneel gevlug het.
Sake van gewapende roof en moord word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
hel hulle vlug te voet en kan steeds nie gevang word nie??Dit is tekenend van die SAP se samewerking met kriminele.
Hierdie klink soos ń inside job drywer is ongedeerd gelaat….klink soos die roof wat in Nelspruit by die riverside mall gebeur het paar jaar terug…
Waar is ou groot Bheki nou? Beslis n afname…afname in kommentaar deur n klomp vlak ANC pionne wat net twak praat!
Ja wel so 23 jaar terug het ek my verloofde, ook werksaam by SBV, in roof verloor. Tot vandag toe is dinge doodgevee en GEEN berading is aan kollegas of familie verskaf [email protected]@!!!!! Ken jul pyn. Sterkte aan almal en jul is in my gebede
My storie is al af gesaag maar ons ken ook die seer, die gevoel van ongeloof. My jong swaertjie sal die jaar al 17jaar dood wees en ek herleef nog ELKE KEER daardie dag oor en oor met ELKE transito roof. Hyt net vir die outydse Fedility gewerk, CIT gery. Toe het hulle nog sulke treurige kombi tipe bussies gery. NET hy was dood geskiet, execution style, niemand se lewens was ooit weer dieselfde daarna nie. Geen geld was gevat nie, daar was nie eers geld in die bussie nie. Sy dogtertjie was maar 3 maande oud. Ons almal het… Lees meer »