Die stad Kaapstad het Maandag gesê meer as R100 miljoen is opsy gesit vir die opgradering van paaie in Strand in die Wes-Kaap.
“Inwoners van Strand is alte bewus van verkeersknope tydens spitstyd in Broadway Boulevard,” het Brett Herron, burgemeesterskomiteelid van vervoer, gesê. “Vervoer vir Kaapstad (TCT) het dié straat geïdentifiseer as een van die paaie wat ʼn belegging benodig – om verligting te bring vir persone wat gereeld die pad gebruik en die verwagte toename in verkeer in die toekoms.”
ʼn Gedeelte van Broadway Boulevard, tussen Mainweg (R44) en Strandweg, sal ʼn dubbelbaanpad word. Die konstruksie gaan ongeveer twee jaar duur en sal nagenoeg R103 miljoen kos. ʼn Eiland sal die paaie skei. ‘n Bykomende 5 km stuk pad word ook beplan. Die projek sal in verskillende fases voltooi word.
“Dit is ʼn groot belegging in Strand se padinfrastruktuur,” het Herron bygevoeg. “Dit sal ongeveer 30 maande lank duur om af te handel, indien alles volgens plan verloop. Ek versoek inwoners en besoekers om geduldig te wees, aangesien vertragings en ongerief deel sal wees van enige projek van dié aard.”
Presies CT doen iets en in pta en jhb word die strate nie eers gevee nie …en die bossies staan al heup hoogte ….padtekens wat beskadig is of omgery word word ook net so gelaat vir weke …wat n gemors !!
Mainweg = Hoofweg
En Strandweg verwys seker na Kusweg. Die Burger het laasgenoemde al Beachweg genoem.
Doen eerder iets aan die misdaad en klomp straatwoners. Daar is ook baie illegal squatters oor die hele gebied. Plakkerskampe raak net al hoe grootter. Hoe gaan n grootter pad help? Dan kan die hijackers vinniger wegry? Nee wat. Ons soek nie paaie nie, maar eerder n veiliger dorp.
Joram Barnard daar is baie projekte reeds aan die gang om ons area te beveilig. Skakel gerus in by jou buurtwag projek en help ons om dit nog beter en veiliger te maak. Besoek Strand Neighbourhood watch se bladsy op Facebook en jy sal alle kontak besonderhede daar vind wat nodig is. N geseënde dag vir u.
Ons bly al 32j in Hendrik Barnard slot en nog nooit is die stukkie doodloopstraaitjie oorgedoen nie. Dis vol gate en elke slag word dit net met n bietjie teer oogevul en siedaar net n oogwink wanneer die vullislorrie hier n paar keer inry is dit weer stukkend. Ons is al raadop…..??