Skade van meer as R200 000 is aangerig en talle huishoudings sal etlike dae sonder elektrisiteit moet klaarkom nadat onwettige kragverbindings ʼn reusekragonderbreking suidwes van Pretoria veroorsaak het.
Lindela Mashigo, direkteur van mediaverhoudinge vir Stad Tshwane, sê in ʼn verklaring ʼn oorlaaide kragnetwerk in Itireleng het daartoe gelei dat agt transformators in die gebied uitgebrand het. “Die kragonderbreking raak verskeie informele nedersettings en word toegeskryf aan die onwettige elektrisiteitsverbindings in die gebied,” sê Mashigo.
Volgens Mashigo sal dit na raming sowat R200 000 kos om die agt transformators te vervang, uitsluitend die installeringskoste. Na verwagting sal kragtoevoer in die gebied eers in die komende week herstel wees.
“Die skade aan die kragnetwerk is ernstig en uitgebreid,” sê hy. “Alle kragpunte moet vir tyd en wyl versigtig hanteer word.”
Mashigo sê die bestuur van Streek 4 beplan ʼn operasie wat in die teenwoordigheid van die SAPD en die stad se metropolisie sal plaasvind om so gou moontlik die onwettige elektrisiteitsverbindings in die gebied te verwyder.
Kragprobleme kan intussen by 012 358 9999 aangemeld word.
Verskeie nedersettings, hulle gaan maar net weer betoog en afbrand. Dis mos aan die orde van die dag. Dienslewering is die skuiwergat. Maar betaal nee wil als verniet hê.
Vir n verandering is dif nie n 6 syfer bedrag nie
Gelukkig nie weer n syfer met 6 nulle nie. Seker iets om voor dankbaar te wees
Die berig lees R200000 vir agt transformers , moet dit nie dalk lees 2 miljoen of 200 miljoen nie. Dit klink na n bargain 200 duisend
Dis wat die transformers behoort te kos as daar nie kickbacks en Ace’s markups bykom nie.
Dit is die skade, nie wat iemand se tsjommie gaan kry om reg te maak nie.
Geen krag voordat alle onwettige kragaftappings verwyder is nie en dan moet koopkrag geinststaleer word.
Los krag af. Jungle justice. Hul betaal in elke geval nie.
Stel ‘n permanente of voltydse “taakspan” aan wat al om die maand weer teruggaan en nuwe onwettige aansluitings verwyder.
Belaglik! Agt transformers kan nie R 200 000 kos nie. Miskien R 2 000 000.00. Dit moet iets anders wees wat gebrand het.
“Alle kragpunte moet versigting hanteer word?” Dit moet ten alle tye as lewendig beskou word!
A nee a! Leef en laat leef! Dit is mos die stomme mense se reg om nie te betaal nie! Jy wat so kla kan mos maar meer belaating betaal. Onthou doe histories benadeelde/ huidig bevoordeelde mag net nie ontstel word nie! Die ironie is dat die klomp Ja-stemmers se las nou gedra word deur ALMAL. Ek wens dat die sogenaamde bewunstigdes van apartheid die woestyn in die Noord Kaap kan kry as tuisland. Binne ‘n enkele jaar sal dit die land van melk en heuning wees. Dié res van SA…. sonder ons blasting… Hongersnnod en vlooi eet vlooi want hond sal daar nie wees onder die Chinese nie!
Indien die verwyder van onwettige kragverbindings nie met vervolging van inwoners gepaard gaan nie, is dit n nuttelose oefening net vir die skyn, n “fruitless exercise”, n verdere vermorsing van geld!
waarom bly ons belastinge betaal?Ek sal nou moet raai maar seker 50% van die belastinge wat ons betaal gaan na korrupsie,herstelling van skade deur vernieling,bribes,overflated tenders deur BEE,rework deur swak workmanship,ens….ons sien elke dag die resultate met geen verbeteringe aan die horison….
Het soweto al begin betaal an al hulle uitstaande gelde vir krag ? Daar is dit ook n free for all …eskom en polisie doen niks !
Krag gaan duurder en meer onbetroubaar raak. Daar kan nie meer op Eskom en die stadsrade staat gemaak word nie. Suid Afrika is n land van sonskyn. Raak onafhanklik en bestuur jou eie krag voorsiening.
Goeie veskoning want nie alle sub stasies wat afbrand kan aan wan instandhoudig toegeskryf word nie
Die gemeenskap het geweet van al die omwettige verbindings sowel as wie dit doen. Laat hulle sonder krag bly. Hulle onthou nog hoe om kerse aan te steek en wasgoed met die hand te was. n Mens waardeer mos eers iets as jy dit nie het nie.
Daai bedrag klink ver te min. Wat se die mense wat die tipe goed ken?
Nou wonder ek watter deel van ons bevolking sal nou so iets aanvang.
Eskom weet van al die onwettige verbindings, maar die verlies aan betalings word van ons verhaal deurdat NERSA weer krag omhoog sit. Gaan na Khayalithsa, of enige ander informele woongebied, almal het TV , almal het Skottels, en die onwettige bedrading vleg deur mekaar op die grond. Eskom durf nie dit gaan afsluit nie, hulle is bankrot maar die eerlike mense moet ook nog die bankrotskap finansier, bewys aan ons dat die onwettige gebruik aangepak gaan word.
Ag, hou die krag sommer af tot almal vir dienslewering betaal. ‘It’s the right thing to do’.