R22 miljoen se perlemoen in vragmotor gevind

(Argieffoto: SA Polisie)

’n 50-jarige verdagte is by ’n vulstasie in Kroonstad in hegtenis geneem nadat op meer as R22 miljoen se perlemoen beslag gelê is.

Die verdagte is deur lede van die Valke se ondersoekspan vir ernstige georganiseerde misdaad in samewerking met die Kroonstad-hoofwegpatrollie in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, het die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad Dinsdag inligting ontvang oor ʼn verdagte wat perlemoen van die Vrystaat na Gauteng gaan vervoer.

“Lede het ʼn vragmotor agtervolg en dit by ’n vulstasie in Kroonstad gestop. Tydens die deursoeking van die Tata-vragmotor is 26 bokse gevind met 8 381 eenhede perlemoen ter waarde van meer as R22 miljoen.”

Singo het gesê daar is op die perlemoen, die vragmotor sowel as R25 000 kontant, wat in die verdagte se besit gevind is, beslag gelê.

Die verdagte sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jacob ·

In die Overberg streek word perlemoen die ATM van die see genoem. Mense sal verbaas wees oor hoeveel “vooraanstaande besigheidsmense en omgewingsbewaarders” nou nog in (gereelde) “tye van nood”, staatmaak op die ATM van die see om wankelrige besighede te red.

Die Overberg is een van die maklikste areas om te isoleer deur padblokkades en die vervoer van onwettige perlemoen stop te sit, maar dan moet ons kyk na wie die voordeel trek uit perlemoensmokkelary. Is daar moontlik selfs van ons “hooggeplaastes” direk of indirek daarby betrokke? Kan ons werklik met ons huidige minister van polisie dink dat perlemoensmokkelary nie gaan gedy nie? Besef ons werklik die langtermyn gevolge van die uitroei van ‘n spesie soos perlemoen?

Kyk maar na wat gebeur aan die Weskaapse kus en besluit self of die verdwyning van grootwitdood haaie nie dalk verband hou met die houding jeens perlemoenstropery nie en moenie reguit, eerlike antwoorde van “wetenskaplikes” verwag nie.

Scroobs ·

Jy slaan die spyker op die kop. Ek woon in die Overstrand.

Harley Davidson ·

Die valke Suid-Afrika se ” FBI” ondersoek perlemoen diewe terwyl n gewone speurder konstabel met 300 dossiere op sy tafel meestal moord en verkragting sit,lagwekkend die span van die wanebee tuinjong.

SjN ·

Hoe kan hul so vinnig die randwaarde bepaal, seker duimsuig tegniek!!

Frank ·

Kry die ou AGTER die besending. Die bestuurder is maar net ‘n klein outjie

efjy ·

Net om ‘n idee te kry sal ek graag wil weet teen watter prys perlemoen deesdae verhandel. Party dae teen R150 elk en ander dae teen R1200 elk?

PieterP ·

Ek is in die verkeerde bedryf as ‘n enkele perlemoen R2625 werd is.

Astrain ·

Kan die polisie asb aan ons sê WIE EN WAARHEEN gaan die produk wat hulle konfiskeer?? Dis ‘n bederfbare produk. Waar word dit geberg en wie verkoop dit of wie vernietig dit??? Ek soek ‘n antwoord – weet enige iemand?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.