R500 000 vir Sassa-funksie terwyl begunstigdes ly

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling. (Foto: GCIS)

Dit blyk dat die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) en die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, uitgawes as onbelangrik wil afmaak wat spandeer is aan ʼn internasionale Vrouedaggeleentheid vir die Vrystaatse streekskantoor.

Die geleentheid het op 28 Maart 2023 plaasgevind.

Bridget Masango, die DA se skaduminister oor maatskaplike ontwikkeling, sê in antwoord op ʼn geskrewe parlementêre vraag van die DA, het die minister onthul dat Sassa meer as R185 000 aan die venue spandeer het, meer as R43 000 vir die klankstelsel en byna R228 000 vir spyseniering. ʼn Verdere R32 000 is spandeer aan diensfooie vir die reisagent.

“Dit is raaiselagtig waarom Sassa en die minister skynbaar nie wil onthul hoe R1 miljoen vir geskenke spandeer is nie. In plaas daarvan om die nodige inligting te verskaf, het hulle eenvoudig gesê dat Sassa in die Vrystaat ‘nie geskenke aangeskaf het uit die begroting van die instansie nie’.”

Die DA het verdere vrae gerig om te bepaal uit watter begroting Sassa die geskenke vir die geleentheid aangeskaf het; die aard van en getal geskenke en wat die uiteindelike koste was.

“Sedert die DA die skandaal in Mei onthul het, het dit aan die lig gekom dat meer as R500 miljoen die afgelope dekade van Sassa gesteel is. Gevolgebestuur oor dieselfde tydperk was egter minimaal en dit is boonop nie deurlopend gemonitor nie en daar is ook nie verslag gedoen daaroor nie.”

Dit is ook onthul dat die nasionale tesourie R9,162 miljard uit die departement van maatskaplike ontwikkeling heraangewend het, weens die departement se versuim om sy begroting vir 2022/23 te spandeer.

“Talle begunstigdes van die maatskaplike toelaag moet steeds die klein bietjie geld wat hulle het, mors op vervoer na en van Sassa-kantore om te hoop dat hulle daardie maand betyds betaling sal ontvang. Probleme duur ook voort met Sassa- goue kaarte wat verval en die hernuwing van dié kaarte.”

Masango sê dit is tyd dat Sassa en die departement begunstigdes prioritiseer. “Die departement se mislukkings het ʼn baie ernstige impak op Suid-Afrika se armste en mees kwesbare burgers.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Amelia ·

Laat me zulu maar geld terug betaal wie het die geskenke ontvang defnitief nie die arm mense nie

skurweberg ·

Buitegewone maatreels moet getref word. Dit is n ernstige saak hierdie en sterk baie verder as wat hulle eie oordeel strek. Hulle verstaan die konsep rentmeesters nie. Mense met morele kapassiteit weet hoekom dit vir hulle belangrik is, soos jy ook aangedui het.

skurweberg ·

Die raak alle belastingbetalers wat uit pligsbesef hulle belasting betaal. Sommiges veral staatsdienswerkers het nie beheer oor belastingaftrekkings nie, maar daar is baie ander wat beheer het daarvoor. ‘n Kollektiewe protes teen belasting misbruik is nodig om die staat te keer om hierdie vergrype te stop. In watter vorm ookal. Kan ons toelaat dat ons eie gelddelike bydraes teen ons gebruik word om Bv. raskotas verder in die werksplek in te stel en hierdie tipe uitspatighede mee voort te gaan . Doen iets ASB.

Papsak ·

Wat kan jy beter verwag van hulle waar daar geld betrokke is laat sy dit terug betaal lekker vat sommer mense se geld en gaan hou party en dit van arm mense wat sukkel om n bestaan te maak straf haar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.